Vuurwapen glo in rioolgat gegooi
'n Staatsgetuie het gister vertel van 'n wenk wat hulle 10 jaar gelede ontvang het rakende die vuurwapen wat glo in die moord gebruik is.
Kristien Kruger – Nuwe getuienis oor die vuurwapen wat vermoedelik in die moord op die 25-jarige mnr. André Heckmair gebruik is, is gister gelewer.
Een van die beskuldigdes, mnr. Marcus Thomas, het glo aan 'n medegevangene gesê waar hy van die vuurwapen ontslae geraak het.
Die staatsgetuie, mnr. Johan Kellerman, wat 30 jaar vir die stadspolisie gewerk het, het getuig hy het op 20 September 2011 'n oproep van 'n adjudant-offisier van die Namibiese polisie ontvang wat inligting oor die betrokke vuurwapen gehad het.
Die adjudant-offisier het 'n wenk van 'n medegevangene “Roger” ontvang wat gesê het Thomas het vir hom gesê hy het die vuurwapen in 'n rioolgat naby aan die gastehuis waar hulle gewoon het, gegooi.
Kellerman en die adjudant-offisier het Roger by die tronk gaan haal en na die rioolgat geneem. Hulle het nie die vuurwapen gevind nie.
Roger het in Kellerman se teenwoordigheid herhaal wat Thomas glo vir hom gesê het.
Volgens Kellerman is dit moontlik dat water die vuurwapen deur die rioolpyp (wat deur die pit loop) kon spoel. Die rioolpyp was glo te klein om deur te loop of deur te sien.
“Dit is moontlik dat dit valse inligting was, maar dit is ook moontlik die water het die vuurwapen weggespoel.
Indien die inligting vals was, was dit vreemd dat daar wel 'n rioolgat naby aan die beskuldigdes se gastehuis was,” het Kellerman gesê.
Thomas het by monde van sy prokureur, mnr. Mbanga Siyomuinji, ontken daar het ooit so 'n gesprek tussen hom en Roger plaasgevind.
Siyomuinji het ook tydens kruisverhoor uitgewys Roger was in die tronk vir bedrog en Kellerman het met hom saamgestem dat dit 'n aanduiding van oneerlikheid is.
GASTEHUISEIENAAR GETUIG
Die African Sky Guesthouse – waar die twee beskuldigdes vir 'n tydperk tuisgegaan het – se destydse eienaar, mnr. Willem Mouton, het ook gister getuig.
Thomas en mnr. Kevan Townsend is op Vrydag 7 Januarie, ure ná Heckmair se moord, in hegtenis geneem.
Mouton was nie teenwoordig tydens die inhegtenisneming nie en was op sy plaas vir die naweek.
Hy het getuig een van sy werknemers het hom daardie Sondag gebel om te vra of hulle Thomas en Townsend se besittings kan verwyder aangesien hulle die kamers vir ander gaste wil gebruik.
Mouton het instruksie gegee dat sy die polisie moet bel om die besittings te verwyder.
Volgens hom het die twee mans nooit vir hul verblyf by die gastehuis betaal nie.
Die saak duur vandag voort.
– [email protected]
FOTO
Die polisie het in September 2011 'n wenk van 'n gevangene ontvang dat mnr. Marcus Thomas die vuurwapen in 'n rioolpit gegooi het. Foto Argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie