Vyf seisoene van Lisa Voigts
Vyf seisoene van Lisa Voigts

Vyf seisoene van Lisa Voigts

Lloyd Zandberg
Marita van Rooyen



“The Fifth Season” is ‘n konsep wat deur die kunstenaar Lisa Voigts verduidelik word as “die skepping van jou eie seisoen”.

“Soos die reënseisoen. Dit het vir agt jaar nie op ons plaas gereën nie, en as gevolg daarvan het ons dol uitdagings gehad om te oorkom. Ek moes my gedagtes begin beheer. Die uitstalling is ‘n versameling van die beelde wat in my kop geskep is – my gedagtes van die afgelope twee jaar.”

Voights is gebore en getoë in Bavaria in die suidelike deel van Duitsland. Sy het haar graad in grafiese ontwerp aan ‘n instelling by die Lake of Constance in Friedrichshafen verwerf. Ten spyte van haar Duitse wortels het sy ‘n sterk band met Namibië deur haar familieplaas, waar sy ‘n kunsateljee het en dus baie tyd deurbring.

Haar mees onlangse uitstalling bestaan uit kunswerke wat verskeie mediums kombineer om Voights se idees oor die droogte en lewe in Namibië visueel uit te beeld. Hoofsaaklik akrielverf wat lewe en glans kry met krale, potlood, houtskool, pastel of collage.

‘n Versameling van beelde hou ooglopend verband met die plaaslewe en beeld die verhaal van diere se oorlewing en optrede tydens die droë jare uit. “Waterbuck” is ‘n voorstelling van ‘n waterbok wat die groen gras voor die kamervenster kom vreet, aangesien die veld kaal is, terwyl die titel “The Last Meerkat” redelik vanselfsprekend is.

Afdrukke van potloodsketse, foto’s en illustrasies lei die gedagtes na meer ernstige onderwerpe soos Afrika-skoonheid en omgewingsbeskerming, terwyl ander werke meer lighartige onderwerpe uitbeeld, en woordspelings op die Duitse name vir sekere skepsels personifiseer, soos Spitzenschwein en Schmetterlink.

Behalwe vir haar persoonlike projekte en uitstallings het die kunstenaar ook haar eie besigheid, Graphic Arts, wat ander maatskappye help om suksesvol met kliënte te kommunikeer deur ‘n kreatiewe benadering. Sy het al met kliënte van Namibië, Suid-Afrika en Duitsland gewerk. Sy was onlangs betrokke by die modemaatskappy Marc Cain se lente- en somerreeks. Die hele reeks, met temas soos “African Shadows”, “Go Wild”, “Flower Shower”, “Ocean Splash”, “Jungle Pioneers” en “Summer Flash” is deur Namibië geïnspireer en baie daarvan is in die land geskep.

Ontwerpe wat die oog vang en jou aandag hou, en wat mense laat glimlag, is wat Voigts wil skep. Haar werk bly kleurvol en opgewek, ten spyte van die somber boodskap wat onder die oppervlak skuil.

In 2013 het ‘n resensie oor haar uitstalling “Beautiful Mind” gelui: “Haar werk vang die oog en gryp die verbeelding aan, met eienaardige lettertipes en soms kriptiese assosiasies.” Met “The Fifth Season” bly sy getrou aan haar unieke styl. Dit is ‘n slim kombinasie van logika en kreatiwiteit.

Die uitstalling kan by The Project Room vanaf 28 Februarie tot 14 Maart besigtig word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!