Waak teen skelms se Covid-streke
Skuldopspoorders waarsku teen kubermisdaad
Augetto Graig – TransUnion, die wêreldwye inligtingsonderneming in Namibië bekend vir hul skuldswartlysstelsel (ITC), waarsku teen Covid-19-verwante skelmstreke wat Namibiërs in die visier het.
Volgens me. Lara Burger, areabestuurder vir TransUnion Namibia, verdoesel kubermisdadigers hul aktiwiteite agter die pandemie.
Hulle teiken finansieel kwesbare mense en diegene wat inligting oor die coronavirus soek, sê sy, deur die uitstuur van teks- of e-posboodskappe, oënskynlik namens wettige instansies, om persoonlike en vertroulike inligting in te samel. “In die afgelope maande was bedrieërs aktief op sosiale media en openbare platforms om niksvermoedende individue te bedrieg,” sê sy.
Mense wat op ’n skakel in sulke boodskappe klik, laai onbewustelik sagteware af wat die boosdoeners in staat stel om betrokke toestelle oor te neem, en om toegang tot persoonlike en finansiële inligting te kry, wat tot identiteitsdiefstal kan lei, sê sy.
Die praktyk bekend as “phishing” is ’n belangrike deel van identiteitsdiefstal en kuberbedrog deur die gebruik van boodskappe wat jou uitlok om van jou rekeningbesonderhede te onthul.
“Jy kry ’n boodskap van ’n bank of ander organisasie wat amptelik lyk, waarin jou persoonlike inligting gevra word, of jy word gevra om een of ander aspek van jou rekening te verifieer.
Moet dit nie doen nie! ’n Betroubare maatskappy sal jou nooit vra om besonderhede te verifieer deur op ’n skakel in ’n e-pos te klik nie, ” sê sy.
LEER UIT ANDER SE DUUR LESSE
“Identiteitsdiefstal is ’n geweldige probleem in Namibië. Die probleem met hierdie soort misdaad is dat slagoffers eers maande later daarvan uitvind, nadat bedrieërs reeds reusagtige skuldbedrae teen hul name opgehoop het,” sê Burger.
Die coronavirus speel in die boosdoeners se hande, want die beperkings op beweging het bygedra tot ’n toename in aanlyn aankope namate mense enigiets van inkopies tot selfoonkrediet deur die internet probeer verkry.
“Webwerwe word gebruik om mense te kul om valse of produkte wat nie bestaan nie te koop, of beleggingsgeleenthede in valse eiendomsaankope, of werksgeleenthede op te neem, sê sy.
“Maak seker daar is ’n ‘https’ in die webadres en die teken van ’n toe slot aan die linkerkant van die URL. Die ‘s’ beteken die webwerf is veilig en betroubaar. Moenie net klik op enige skakel wat jou iets aanbied wat te goed is om waar te wees nie,” sê sy.
Burger moedig Namibiërs ook aan om hul aanlyn identiteit onmiddellik te beskerm, deur seker te maak wagwoorde is sterk, word gereeld verander en is nie vir alle aanlyn rekeninge dieselfde nie. Gebruik van twee-stap verifiëringstelsels maak dit ook moeiliker vir bedrieërs om toegang tot jou rekening te kry, sê sy.
Burger raai aan dat kennisgewings van jou banktransaksies noukeurig dopgehou word. Tree dadelik op as iets vreemd lyk.
’n Skerp toename word ook gesien in bedrieglike aanbiedinge om negatiewe kredietverslae reg te maak, sê sy. “Niemand kan jou kredietrekord ‘regmaak’ nie en sulke aanlynadvertensies is swendelary,” sê sy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie