Waar is die gevolge?
Skokkende gebreke in finansiële en algemene bestuur het vandeesweek opnuut voor die parlementêre staande komitee op openbare rekeninge ontvou.
Die herhaling van die patroon dwing ‘n kernvraag af: Hoe word verantwoording namens die belastingbetaler afgedwing?
Dat verantwoording plaasvind, is nie genoeg nie. Bestuurders en raadslede van byvoorbeeld die Agentskap vir Nywerheidsontwikkeling (Nida), die nasionale uitsaaier (NBC) en ander instellings getuig en tydens opvolgsittings word dieselfde probleme maar net weer en weer gerapporteer. Waar is die gevolge?
Navorsing deur die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het die komitee in 2007 as die mees aktiewe en sigbare parlementêre liggaam uitgesonder. Die pluimpie is raak, maar nie genoeg nie. Kapasiteit ontbreek byvoorbeeld vir groter doeltreffendheid, sê die verslag.
Die komitee het die mag om enige persoon te dagvaar en onder eed op die waarheid aan te dring.
Sy toesigfunksie is noodsaaklik om goeie bestuur en deursigtigheid te verseker. In 2012 is by ‘n beraad van sulke komitees uit SADC en Oos-Afrikastate ook die liggaam se rol in finansiële stabiliteit, ekonomiese groei, welvaart en welsyn benadruk.
Maar staatsondernemings (SOEs) ploeter bloot voort en kom skotvry van onwettighede af.
Wanneer sal ons byvoorbeeld sien dat die komitee, verantwoordelik vir algehele toesig oor die begroting en staatsbesteding, die weermag oor sy aankoop van plase konfronteer?
Beloftes van rekenskap bly ongelukkig meestal leeg.
So sê ander
21 Augustus 2019
Krugersdorp-saak bring min troos
Selfs in ’n land wat deur geweldmisdaad geteister word, is die grafiese besonderhede van Krugersdorp se “Satansaak” so walglik en die moordenaars se vonnisse so uitsonderlik dat dit ’n spesiale kyk verg.
Die vraag is of vir ’n reeds afgestompte gemeenskap lesse te leer is uit hoe dit moontlik is dat die 11 koelbloedige moorde tussen 2011 en 2016 aan die alledaagse (in Suid-Afrikaanse terme) Wes-Rand enigsins kon gebeur het.
Geregtigheid het geskied, maar die 11 slagoffers is vir ewig ontneem. Hul verslae naasbestaandes verwelkom die saamgestelde lewenslange vonnisse wat die moordenaars in die hooggeregshof in Johannesburg opgelê is. Dit bring dalk afsluiting, maar die leed en trauma bly.
Regter Ellem Jacob Francis het tereg gesê die moordenaars is “uitverkies deur Lucifer” eerder as Christene, soos hulle hulself genoem het.
Geen mindere straf sou deug nie.
Die moorde kon seker op enige plek gebeur het, ook in Krugersdorp, Suid-Afrika. Daar is drama daaruit te put, maar die gemeenskap moet ook na homself in die spieël kyk en sy radar herinstel.
’n Troos is reg en orde het hier wel gewerk.
Die ondersoekbeampte en staatsaanklaers kom die lof toe wat hulle by die hof toegeswaai is.
• BEELD /VOLKSBLAD (NETWERK24)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie