Waarom lekkasies soms ure neem om te herstel
Swakste waterbesparings in ses maande
Elvira Hattingh - 'n Waterlekkasie Saterdag in Khomasdal het glo vir ure voortgeduur voor die munisipaliteit dit kon herstel. Intussen het die munisipaliteit verduidelik waarom dit soms lank neem voor ''n lekkasie herstel kan word.
''n Leser het foto''s van die voorval aan Republikein gestuur en gesê talle mense het skottels en emmers vol water kom maak om dit moontlik later te gebruik. “Dit was ooglopend dat hierdie water silwerskoon is.”
Intussen het die woordvoerder van die Windhoek-munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, gister gesê dit neem soms lank om ''n lekkasie te herstel omdat sekere stappe gevolg moet word om ''n gebarste pyp te vervang.
“Ons waardeer die publiek se bydrae om ons van onder meer gebarste pype in kennis te stel. Sodra ''n probleem aangemeld word, word ''n tegniese span uitgestuur. Dis nodig dat fyner besonderhede van probleme akkuraat aangemeld word, wat dit makliker maak om die lekkasie op te spoor.
“Ons moet vasstel wat presies die probleem is en presies watter diens geraak word – want dikwels word verskeie pype en toerusting bymekaar geïnstalleer.
“Daarna moet ons van boutekeninge of elektroniese hulpmiddels gebruik maak om vas te stel hoe ons die gebreekte pyp die beste kan isoleer en terselfdertyd seker kan maak dit raak so min mense as moontlik.
“Sodra die beste kleppe vir isolasie op tekeninge of elektroniese hulpmiddels geïdentifiseer is, moet ons presies vasstel waar dit geleë is. Dit lê dikwels ondergrond, onder plaveisel en soms selfs onder hope boumateriaal,” het sy gesê.
Volgens haar gebeur dit soms dat die gekose isoleringskleppe nie na behore werk nie.
“Die rede hiervoor is omdat die kleppe nie gereeld oop en toe gemaak word nie en gevolglik wil dit soms nie meer beweeg of behoorlik sluit nie. In so ''n geval moet ons ''n ander klep identifiseer om te sluit. Soms vereis dit dat die hele proses om geskikte kleppe te vind, van vooraf moet begin.”
Amutenya sê sodra die gebreekte pyp geïsoleer is, moet dit leeggetap word. Dit word gedoen deur die naaste brandkraan of spoelklep te vind en oop te maak, sodat die water daardeur afgevoer kan word.
“Tydens al hierdie stappe loop die water nog steeds en dit kan soms ure neem om te voltooi. Dit is waarom dit soms lank neem voor ons daadwerklik kan begin om ''n gebarste pyp te herstel.
“Hierna volg die uitgrawing van die pype, waarna die breuk ondersoek word om vas te stel watter tipe materiaal nodig gaan wees om dit te herstel. Daarna word die nodige materiaal verkry en word die herstelwerk gedoen.”
Amutenya sê samewerking tussen die publiek en die munisipaliteit is die enigste manier om watertoevoerkwessies te oorkom. Die publiek kan watervermorsing of -lekkasies by 061 290 2402 of 290 2162 aanmeld.
SWAKSTE WATERBESPARING
Intussen blyk dit Windhoekers maak al hoe minder erns daarvan om water te bespaar. Tydens die afgelope maand is slegs sowat 23% water bespaar – altesaam 17% minder as die 40% besparings wat die munisipaliteit van stadsbewoners vereis.
Dit is die swakste maandelikse waterbesparing sedert Mei vanjaar.
Sedert Julie kon waterbesparings in Windhoek nooit eens die 35% merk haal nie en in September het sake verder versleg toe stadsbewoners konstant minder as 30% begin bespaar het. Die beste maand vir waterbesparings was in Junie, toe vir die eerste en enigste keer 35% water bespaar is.
Die kabinetskomitee vir die sekuriteit van watervoorsiening tesame met sy tegniese komitee van waterkenners het onlangs gesê sy noodplan vir water vir Windhoek oor die volgende 18 maande is onuitvoerbaar as nie minstens 30% water bespaar word nie. Kenners meen Windhoekers sál wateronderbrekings ervaar as dié huidige tendens van waterverbruik voortduur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie