Waarom? Skieter in Las Vegas 'was net nog 'n ou'
Met minstens 58 mense dood en 515 beseer wil die VSA weet wát het 'n afgetrede, “gewone ou” besiel om die grootste massaskietery in die VSA se geskiedenis te pleeg.
Stephen Craig Paddock (64) het Sondag 22:08 (gister omstreeks 07:40 Suid-Afrikaanse tyd) vanuit 'n kamer op die 32ste verdieping van die Mandalay Bay-hotel en -casino in Las Vegas op 22 000 konsertgangers op die Route 91 Harvest-musiekfees losgebrand.
“Hy moes net geknak het,” sê sy broer, Eric Paddock van Orlando, Florida.
“Mars het op die aarde geval. Ons is algeheel stomgeslaan.”
Stephen het homself doodgeskiet voordat die polisie by hom kon uitkom.
Meer as tien vuurwapens is by hom gevind.
“Daar was absoluut geen aanduiding dat hy so iets kon doen nie,” sê Eric en voeg by dat Stephen sover hy weet aan geen politieke of godsdiensgroep behoort het nie. Hy was ook nie behep met vuurwapens nie.
“Waar de duiwel het hy die outomatiese wapens gekry?” wil Eric weet.
“Hy het geen militêre opleiding of enige so iets nie. Hy is 'n ou wat in Mesquite gebly het en in Las Vegas gedobbel het.”
Eric sê sy broer was besig om te skei. Hy sê sy broer het geen geestesversteuring gehad nie. Hy en sy broer het laas kort ná die orkaan Maria gepraat toe Stephen hom uitgevra het oor hul 90-jarige ma.
Stephen was 'n gelisensieerde vlieënier en het twee vliegtuie besit. Hy het ook 'n jaglisensie van Alaska gehad.
Mesquite is sowat 130 km noord van Las Vegas.
Stephen het daar in 'n aftreegemeenskap saam met Marilou Danley (62), sy meisie, gewoon.
“Hy was afgetree en net nog 'n ou,” sê Eric.
Die terreurgroep Isis het verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar en sê Stephen het onlangs 'n lid van Islam geword, maar verskeie Amerikaanse amptenare sê daar is geen bewyse daarvan nie.
Joseph Lombardo, Clark County se sheriff, sê geen motief vir Stephen se aanval is al vasgestel nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie