Wagters vrees leeus ná reën
Des Erasmus
Bokke en beeste was slagoffers van die voortslepende konfliksituasie tussen leeus en nomadiese veeboere in Kaokoland.
In die ergste voorval die afgelope weke is 23 bokke in 'n enkele takkraal deur leeus vrekgebyt.
Bok- en beeswagters in die gebied het hulle nou tot die minister van die omgewing en toerisme gewend met 'n versoek dat die leeus se bewegings gemonitor moet word.
“Ons lewe in vrees,” het 'n herder, net bekend as “Lesley”, laat weet nadat leeus verlede week vier koeie in die veld gevang het. Volgens hom het een van die wagters reeds bedank en getrek. Hy sê dit raak nou lewensgevaarlik om saam met die leeus te leef.
Die voorval is deur mnr. Izak Smit van die Desert Lion Human Relations Aid (DeLHRA) op Swakopmund bevestig ná 'n besoek aan die betrokke gebied.
Die 23 bokke is by Otjihavera, net oos van Palmwag, vrekgebyt. Spore by die kraal dui op 'n trop van 13 leeus. Die voorval het vier dae ná 'n soortgelyke voorval by die veepos Spaarwater plaasgevind. Daar het sewe leeus vyf bokke gevang.
Nog ses leeus het by die pos Opdraand drie koeie aangeval. By Opdraand was dit blykbaar net jong leeus met van die beeste wat net krapmerke opgedoen het.
Smit het aan Republikein gesê die konfliksituasie is 'n seisoenale verskynsel in gebiede met somerreën. Die reën skep oop waterpoele in die veld en die leeus se gevestigde taktiek van die voorlê van wild by die veesuipings werk dan nie. Daar is wel maniere om die leeus weg te hou, soos die gebruik van klappers en ligte.
Dieselfde verskynsel het hom verlede jaar dieselfde tyd afgespeel. By die veepos Spaarwater tussen Bergsig en Palmwag word beweer 'n wagter het 'n hek oopgelos en gevolglik toegang tot die kraal aan die leeus gegee.
In die verlede is die leeus weggehou deur skadunet om en oor die krale te span. Op dié wyse is die leeus in nege uit tien gevalle uitgehou, maar wanneer die nette aan flarde hang, skrik die leeus glo nie.
Smit sê die aanvalspatroon maak dit noodsaaklik om juis spesifieke leeutroppe van nekbande te voorsien om hul bewegings te monitor.
Hy is ook bewus van aandag wat op ministeriële vlak aan die probleem gegee word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie