Walvis bly bottoe
Walvis bly bottoe

Walvis bly bottoe

Denver Kisting
Denver Kisting – Vanweë nienakoming van regulasies om die verdere verspreiding van Covid-19 te probeer hokslaan, bly die plaaslike owerheid van Walvisbaai tot 8 Junie ingeperk.

Dit het dr. Kalumbi Shangula, die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, laat gister by navraag bevestig.

Dié munisipale area wat die afgelope week weens drie nuwe bevestigde gevalle van Covid-19 gehok is, sou moontlik teen middernag gister by die res van die land in fase 3 aansluit.

Kragtens fase 1 se noodtoestandregulasies wat in die hawedorp heers, mag mense net Walvisbaai binnegaan of verlaat met ’n permit deur ’n gemagtigde beampte.

Skole sou na verwagting Maandag vir graad 11’s en 12’s hervat het sou die inperking gelig gewees het, het me. Sanet Steenkamp, die uitvoerende direkteur van onderwys, kuns en kultuur vroeër gesê.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!