Wat nou, Suid-Afrika? deur Theuns Eloff
Wat nou, Suid-Afrika? is ’n boeiende, belangrike blik op die land se aktuele kwessies.
Om braaivleisvure skiet gewone Suid-Afrikaners se kommervlakke deesdae amper net so hoog op soos die vonke.
In Wat nou, Suid-Afrika? kyk die oudrektor Theuns Eloff na die kwessies op almal se lippe – werkloosheid en verlammende armoede, die impak van regstellende aksie, die bedreigings vir die oppergesag van die grondwet, die probleme in ons onderwys en misdaad. Eloff steun op die jongste navorsing en sy ervaring in die politieke- en sakewêreld om nuwe perspektief te gee op al hierdie kwelpunte.
Theuns Eloff was in sy lewe al studenteleier, predikant, voorsitter van ’n skoolbeheerliggaam, Dakar-ganger, administrateur by die vredesonderhandelinge en Kodesa, sakefasiliteerder, voorsitter van Aardklop-kunstefees, president van ’n nasionale sakeorganisasie en rektor van die Noordwes-Universiteit. Hy is tans nie-uitvoerende voorsitter van die FW de Klerk Stigting, die Dagbreek Trust en ’n genoteerde maatskappy.
Sy betrokkenheid by die grondwetlike onderhandelinge en talle organisasies wat die sogenaamde nuwe Suid-Afrika suksesvol probeer maak het, het hom nie net passievol oor die land gemaak nie, maar maak hom ook uitnemend geskik om oor ’n wye verskeidenheid aktuele sake te skryf ’n die soort kwessies waaroor daar gereeld op konferensies en om braaivleisvure gepraat word.
Wat nou, Suid-Afrika? (ISBN 9780624073789) is deur NB Uitgewers vrygestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie