Waterbestuur by skole kan 50% spaar
Enkele skole se waterverbruik is “onaanvaarbaar hoog”, terwyl beheermaatreëls nie na behore toegepas word nie.
Elvira Hattingh
Indien die munisipaliteit se voorgestelde waterbestuurmaatreëls aan die onderwysministerie by skole toegepas sou word, kan hul waterrekeninge met minstens 50% verminder, meen 'n kenner.
Die nuus kom nadat die Windhoekse munisipaliteit gister aan Republikein bevestig het 'n betaling van N$17 miljoen is ontvang van die N$32,5 miljoen wat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur aan hulle verskuldig is.
Die betaling moet in die tussentyd skole se water en ligte aanhou.
Dit volg nadat Republikein Maandag berig het die ministerie se rekening is sowat sewe maande agterstallig. Die laaste betaling van N$8,9 miljoen is in Maart deur die munisipaliteit ontvang.
As gevolg hiervan wou die munisipaliteit binne 'n week alle skole in Windhoek se water en ligte afsny waarvan die rekening meer as 'n maand agterstallig is.
AFSNY-DREIGEMENT
“Die direktoraat sal 'n vaste protokol met die munisipaliteit bespreek om nie in die toekoms dienste en betaling as 'n dreigement te gebruik nie omdat dié besuinigingsmaatreëls die hele samelewing raak,” het het mnr. Gerard Vries, direkteur van onderwys vir die Khomasstreek, intussen aan Republikein gesê.
Hy het gesê sy direktoraat is voortdurend in gesprek met streekskantore, ministeries en agentskappe oor die uitstaande rekening, maar dat die oorwegende afwaartse aanpassing van die begroting deurdring tot alle vlakke van die Namibiese publiek en die samelewing.
Op die vraag oor waterlekkasies, wat bydra tot hoë waterrekeninge, het Vries gesê sommige lekkasies is geïdentifiseer, maar die herstel daarvan word deur die beskikbaarheid van geld in die wiele gery.
“Ons is bewus van 'n lekkasie by die Sekondêre Skool Augustinium. 'n Opdrag is aan die ministerie se binnenshuise inspekteurs van werke gegee om 'n voorlegging oor dringende herstelwerk aan die Khomas-streeksraad se verkrygingseenheid vir oorweging en goedkeuring te maak.
“Groot opknappingswerk van die hele riool- en waternetwerkstelsel is vir dié skool geoormerk met finansiering van die Afrika-ontwikkelingsbank – wat tans in die media geadverteer word. Na verwagting sal werk teen April volgende jaar by die skool begin,” het hy gesê.
DESKUNDIGE
“Sou die munisipaliteit se voorgestelde waterbestuurmaatreëls aan die ministerie by Windhoek-skole toegepas word, sal hul waterrekeninge met minstens 30% verminder kan word. “Nog meer, as die ministerie waterbesparende toerusting kon aanbring, sal waterverbruik moontlik verder met 30% verminder. Dit beteken waterrekeninge kan met minstens 50% verminder word,” het 'n deskundige aan Republikein gesê.
Met waterbesparingstoerusting word vloeireguleerders, -beperkers en -belugters bedoel waarmee krane, storte en toilette mee toegerus kan word om heelwat minder water te gebruik.
Volgens hom het die ministerie aanvanklik betrokke geraak by die munisipaliteit se waterbeampte-program, maar dit word nie verder of na behore geïmplementeer nie.
Dit, meen hy, tesame met swak waterbestuur, dra grootliks by tot hoë waterrekeninge by skole. Hy sê by baie van die skole met die grootste waterrekeninge is waterverbruik “onaanvaarbaar hoog”.
Hy sê alhoewel waterlekkasies vir seker ook bydra tot die hoogste munisipale rekeninge, is dit beter onder beheer as in die verlede – veral as dit by vorige sondaars soos Augustinium, Eros Laerskool en Eros Meisieskool kom. Hy sê die munisipaliteit werk saam met die ministerie en skole om waterlekkasies te bekamp.
Volgens inligting wat die munisipaliteit verskaf het, was die totale munisipale rekeninge van 22 hoërskole en 38 laerskole in Windhoek altesaam sowat N$29,8 miljoen. Daarbenewens is N$2,2 miljoen vir kantore en instellings se munisipale dienste geskuld, en het spesiale skole se rekeninge op sowat N$499 194 gestaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie