Waterkrisis baie erger
Catherine Sasman - Inwoners in die hoofstad sal ’n “langtermyn-mentaliteit” oor die gebruik van water moet ontwikkel as ons toegang tot drinkwater in die volgende agt jaar wil hê.
Dít is die waarskuwing van die Windhoekse munisipaliteit se strategiese uitvoerende hoof van infrastruktuur, water en tegniese dienste, mnr. Pierre van Rensburg.
Die publiek het sedert Januarie goed saamgewerk om water te bespaar, maar ná beriggewing verlede maand dat die stad nog twee akwifer-boorgate ontwikkel wat sowat 2,5 miljoen kubieke meter water per jaar kan lewer, het die besparingsmentaliteit “verslap”.
Die gevolg was dat verbruikers 10% minder as die geteikende besparing behaal het.
“Mense moet besef hierdie is ’n langtermyn probleem,” het Van Rensburg gewaarsku. “Die waterkrisis in Windhoek is nie net gekoppel aan die droogte nie.”
Die kritieke watertekort is weens die feit dat die sentrale watervoorsieningsnetwerk van NamWater wat Windhoek van sy water voorsien, te klein is om vir die groeiende aanvraag te voorsien.
“Al kry ons goeie reën, en al kry ons damme normale invloei volgende jaar, gebruik ons meer water in enige gegewe jaar as wat die gemiddelde jaarlikse invloei is. Dit beteken dat ons in minder as ’n jaar daardie water weer gaan op gebruik en in dieselfde situasie beland as nou,” het Van Rensburg gesê.
Die sentrale watervoorsieningsnetwerk strek suid van Grootfontein tot by Waterberg en Okakarara, alles tussenin Okahandja en Windhoek tot by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, en sluit wes van Karibib, die Navachab-myn en Otjimbingwe in.
Dié skema se drie damme is Omatako, Von Bach en Swakoppoort. Die laaste keer dat die skema vergroot was, was in 1980 met die bou van die Omatakodam en die uitbreiding van die waterkanaal van Grootfontein na dié damme in die vroeë 1990’s.
Ongeag of dit reën of nie, word jaarliks meer water uit die skema getrek as wat dit kan voorsien.
Die skema word wel gevoed deur die drie damme wat direk afhanklik van reënval is, maar sedert 2012 was daar geen invloei in die damme nie. Die volhoubare verskaffingskerf is ook reeds van toe af verbygesteek en jaarliks word meer water gebruik as wat dit kan voorsien. Vanjaar is die skema reeds met tussen 15% en 20% oorbenut.
Die huidige droogte vererger net die situasie en in werklikheid veroorsaak dit ’n ineenstorting van die skema.
“Die situasie is baie ernstiger as wat mense besef,” het Van Rensburg gesê.
Só erg is die situasie dat daar verwag word dat tekorte tussen 2016 en 2024 tot 50% van die gemiddelde aanvraag kan voorkom as die stad aanhou om teen 2,8% tot 3% in wateraanvraag te groei.
NOODPLANNE
NamWater verskaf normaalweg meer as 80% van Windhoek se water. Sedert laas jaar het die instansie egter aangedui dat die damme besig is om droog te loop.
Windhoek trek egter steeds ongeveer 60% van sy water van NamWater af maar het uit nood begin om boorgate as bykomende bronne in te bring en waterherwinning opgestoot.
Die droogteplan is September verlede jaar aan die stadsraad voorgelê en is op 1 Desember van stapel gestuur.
Die ontwikkeling van die akwifer-boorgate is egter ’n uitgerekte en duur proses. Volgens Van Rensburg kan die eerste boorgate moontlik eers vroeg volgende jaar water voorsien.
Die munisipaliteit is tans besig met agt tot 10 projekte om alternatiewe waterbronne te skep wat tussen N$150 miljoen en N$160 miljoen gaan kos.
Van Rensburg waarsku egter dat die boorgate kan leegloop. Sou dít gebeur, sal die stad binne vier of vyf jaar ’n Plan B in plek moet hê. Hierdie plan sluit ’n tweede herwinningsaanleg in.
“Ten spyte van al hierdie planne moet mense besef dat soos die situasie nou staan, kan ons 40% van die aanvraag verskaf; die 60% (van NamWater) val weg. Mense sal moet begin minder water gebruik. Dit is waarom die hele aanvraagbestuur so intensief van ons kant af benader word. Dit is absoluut kritiek dat inwoners bespaar,” het Van Rensburg benadruk.
As die publiek dit nie self kan toepas nie, sal die munisipaliteit ’n 35% tot 40% verpligte waterbesparing moet instel.
Die munisipaliteit het ook van die begin van die jaar met nat industrieë onderhandel vir ’n 30% verpligte waterbesparing. Baie goeie samewerking is van die nywerhede verkry.
Wat sal moet ingekort word, sê Van Rensburg, is padbouprojekte. Die tweede fase van die dubbelpad tussen Windhoek en Okahandja is in gedrang en vir so lank as wat die munisipaliteit halfgesuiwerde water vir die nuwe pad tussen Windhoek en Hosea Kutako kan gee, kan dit voortgaan.
Ander institusionele verbruikers soos skole en ander regeringsinstellings soos hospitale, tronke en militêre basisse, is eenvoudig ’n kwota gegee waaraan hulle moet voldoen.
Van gewone huishoudings word verwag om 50% te bespaar of nie meer as 90 liter water per dag te verbruik nie.
“Dit klink verskriklik baie maar vir die gemiddelde verbruiker in die hoër inkomste groepe kan jy maklik 50% tot 60% water bespaar as jy jou tuin uitsluit,” troos Van Rensburg.
Hy voeg by: “In ’n mate het mense hul lot in eie hande. Die enigste manier wat ons dit kan maak is as ons saamwerk. Dit is moontlik maar sal baie afhang van die publiek daar buite.1396986481

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie