Waterkrisis nie as dringende kwessie hanteer
IPPR sê oor nasionale waterbestuur
Elvira Hattingh - Die waterkrisis in Sentraal-Namibië is hoofsaaklik veroorsaak deur die feit dat die regering nagelaat het om dit as ’n dringende nasionale kwessie te hanteer.
Terselfdertyd is ’n langdurige gebrek aan kapitale belegging in die onderhouding en bou van water-infrastruktuur ’n ernstige versuiming.
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) het in ’n nuwe verslag oor die bestuur van water in Namibië gesê die watersektor word reeds sedert onafhanklikwording aan bande gelê omdat beleide nie geïmplementeer word nie.
“Dit is veroorsaak deur onder meer ernstige onderbelegging, beperkte kapasiteit en tegniese vaardighede, swak koördinering onder belangegroepe asook swak regulering en handhawing van die sektor.
“Ter verdediging van die regering kan gesê word dat dit geen maklike taak is om genoegsame en skoon water vir almal beskikbaar te stel en ook seker te maak dat dit volhoubaar en omgewingsvriendelik bestuur word nie,” lui die spesiale verslag wat deur mnr. Dietrich Remmert saamgestel is.
Die instituut raai aan dat die regering die regulasies van die Wet op Waterbestuur, Wet No.11 van 2013, so gou as moontlik moet finaliseer en afkondig.
“’n Wet op water , Wet No. 54 van 1956, uit die apartheidsera geld steeds, wat die afdwing van regulasies bemoeilik en kan veroorsaak dat ondernemings en gemeenskappe oorgelaat word aan wispelturige, burokratiese interpretasies daarvan.
“Die huidige wetsraamwerk vir die watersektor is ingewikkeld en onvolledig. Dienooreenkomstig moet sleutel beheerliggame gestig word, soos in die waterbestuurswet voorgeskryf.
“Dit sluit in ’n wateradviesraad, ’n waterreguleerder, ’n watertribunaal en bestuurkomitees vir onderskeie opvangskomme in die land. Tans is daar geen amptelike forums waar hoëvlak regeringsamptenare, politici en ander belangegroepe kwessies kan bespreek of gesamentlike besluite oor die watersektor kan maak nie,” het Remmert geskryf.
Volgens die verslag het ’n gebrek aan bogenoemde beheerliggame daartoe gelei dat veral die besluitnemingsproses in die sektor tot ’n stilstand gekom het, wat op die beurt beplande inisiatiewe en spertye negatief sal raak. Die swak organisasie van die sektor bemoeilik die taak van verteenwoordigers uit die watersektor om te vra dat meer geld aan hulle beskikbaar gestel word.
“Die afwesigheid van formele beheerliggame waar ’n groot groep verteenwoordigers noodsaaklike kwessies kan bespreek, maak ’n bespotting van deursigtigheid en verantwoordbaarheid.”
Voorts word in die verslag aanbeveel dat die regering die Geïntegreerde Waterhulpbronbestuursplan (IWRM) laat herleef en implementeer en voorsiening maak om geld so gou as moontlik vir sleutel waterinfrastruktuur-projekte beskikbaar te stel. Dit sluit in die modernisering en rehabilitasie van bestaande infrastruktuur.
Die verslag verwys na NamWater se 2015-jaarverslag, waarin gesê word dat meer as N$5 miljard benodig word om toevoerkapasiteit na bestaande waterverbruikers te volhou.
Verder word voorgestel dat die regering en belangegroepe realistiese finansieringsmodelle vir water- en sanitasie-infrastruktuurbehoeftes op lang termyn moet ondersoek.
“Dit is waarskynlik onafwendbaar dat die regering na alternatiewe finansiering soos vennootskappe tussen die regering en die private sektor (PPP) sal moet kyk. Hidroloë en ingenieurs wat met die opstel van hierdie verslag geraadpleeg is, het gesê PPP’s is waarskynlik die beste opsies omdat die staat, NamWater en plaaslike owerhede al hoe swakker daarin vaar om waterbronne te bestuur,” lui die verslag.
Verder is aanbeveel dat die regering en onderskeie belangegroepe ’n meer deursigtige, multi-sektor- en holistiese gesprek oor die watersektor aan die gang moet sit, wat nasionale ontwikkelingsdoelwitte asook klimaatsveranderinge en besoedeling in ag sal neem.
“Beide openbare en private eenhede moet meer op die bestuur van die vraag na water fokus en seker maak volhoubare omgewingspraktyke word toegepas,” lui die verslag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie