Watermisbruik kan lei tot rantsoenering
Watermisbruik kan lei tot rantsoenering

Watermisbruik kan lei tot rantsoenering

Henriette Lamprecht
Stad Windhoek het inwoners gewaarsku sou die volgehoue oorskryding van weeklikse teikens vir waterbesparing oorskry word, dit tot die moontlike rantsoenering van water kan lei. Volgens die munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Hamutenya kan NamWater aan die hoofstad net ’n gedeelte van die stad se vereiste, geprojekteerde aanvraag vir die week voorsien.
“Die res van die water moet van ons watersuiweringsaanleg en die Windhoek-akwifer verkry word. Om dus voortdurend ons teiken te mis, is nie volhoubaar nie,” het Amutenya gesê.
Waterbeperkings het op 1 Julie vanjaar ingetree en inwoners is gemaan om hul verbruik binne die toepaslike beperkings te bestuur om die besparingsdoelwit te haal.
“Ten spyte van dié waarskuwings bly die tariewe vir hoë waterverbruik in plek,” het sy gesê. Ander beperkings soos die was van voertuie is ook steeds van toepassing. Op 17 Oktober is die hoofstad se weeklikse teiken van 465 000 kubieke meter met 12% oorskry wat toegeskryf is aan beduidende waterverlies toe ’n groot waterpyp op die kruising van Nelson Mandela-rylaan en Metjestraat gebars het. Op 23 Oktober het inwoners die teiken met 5% oorskry, op 28 Oktober met 7% en op 6 November met 10%. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!