Weermag skiet op vermoedelike hommeltuig
Suid-Korea
Suid-Korea se weermag het gister waarskuwingskote op ‘n vermoedelike hommeltuig van Noord-Korea afgevuur midde toenemende spanning oor Pjongjang se jongste missieltoets wat internasionale veroordeling en ‘n waarskuwing van China uitgelok het.
Die identiteit van die voorwerp waarop geskiet is, bly onduidelik, maar die Yonhap-nuusagentskap van Suid-Korea sê dit is moontlik ‘n hommeltuig, wat meer as 90 skote in reaksie op die aanval geskiet het voordat dit van radarskerms verdwyn het.
Noord-Korea maak geen geheim van sy planne om ‘n missiel te ontwikkel wat in staat is om Amerikaanse teikens aan te val nie. Die land het ook alle versoeke deur Amerika en China om sy wapenprogram te staak, geïgnoreer. Noord-Korea hou vol die program is nodig om Amerikaanse aggressie af te weer. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie