Weg met Amabutho, sê plaaslike oudsoldate
Verlang regte tuis
Catherine Sasman - Ontnugter met die Suid-Afrikaans geïnspireerde Amabutho Koninklike Verdedigingsagentskap, het voormalige SWATF-Koevoet-lede in Rundu besluit om by die Namibiese Oorlogveteranetrust (Namvet) aan te sluit in sy pogings om veteranestatus en pensioenuitbetalings te bekom.
’n Voormalige lid van die SWATF se 202 Bataljon, mnr. Michael Tuneya Haingura, is as ’n gesant na Windhoek gestuur “om vas te stel of Namvet werklik bestaan” en indien die sitstaking werklik plaasvind.
“Mense in Rundu ondersteun die Namvet-veldtog en 95% van hulle sê Amabutho moet ’n stil dood sterf,” het Haingura gesê tydens sy besoek aan die Namvet-lede wat by die Rooivlag-kommandosaal in Katutura aan die sitstaking deelneem.
Volgens Haingura word baie van die oudsoldate wat by Amabutho aangesluit het, minstens elke twee maande per bus na Suid-Afrika vervoer onder die valse voorwendsel dat die moederliggaam van die werwingsagentskap druk op die Suid-Afrikaanse regering plaas om pensioene uit te betaal.
“Ons reis gereeld met Amabutho na Suid-Afrika, maar nou is ons geld op; ons het niks daar gevind nie. Ons het nie die waarheid gevind deur daarheen te gaan nie,” het Haingura gesê.
Volgens hom word diegene wat by Amabutho aangesluit het, vir die politieke opportunisme van die organisasie se leierskap gebruik.
“Dit alles is nie om geld by die regering te kry nie, maar om Petrus Ndaba (die leier van Amabutho) in die parlement te kry. Dit help nie ons gaan daarheen nie. Hulle gebruik ons net; ons kan hulle nie ondersteun nie. Ons moet hier bly en vir ons reg veg om as oorlogveterane erken te word,” het Haingura gesê.
Binnegevegte onder oudsoldate
Hoewel Namvet sy nuwe ondersteuners verwelkom het, is die oudsoldate in uiteenlopende groepe verdeel wat daarop aanspraak maak dat hulle eintlik die “wettige verteenwoordigers” is.
Mnr. Willem Beukes, eens ’n lid van Namvet, het daarvan afstand gedoen en ’n organisasie “laat herleef” wat voorheen as die SWATF Organisasie bekend gestaan het en wat blykbaar “sedert 1977 bestaan, maar wat onaktief was”.
As embleem gebruik die SWATF Organisasie die militêre logo van die ontbinde 901 Bataljon wat by Luiperdsvallei suid van Windhoek gestasioneer was.
“Die SWATF Organisasie bestaan solank as wat die embleem bestaan. Ons laat die organisasie herleef omdat SWATF die verdedigingsmag van die mense van die voormalige SWA (Suidwes-Afrika) was,” het Beukes oor die herlewing van die organisasie gesê.
Hy het bygevoeg: “Ons wat in SWA gebore is, word nou as tweedeklas burgers behandel. Ons is nog hier. Ons geskiedenis mag nie uitgewis word nie.”
Hy het voorts gesê die SWATF Organisasie is die enigste wat deur voormalige SWATF-Koevoet-lede gestig is wat ’n versoekskrif aan die Verenigde Nasies (VN) gerig het om in te gryp oor wat hulle beskou as die marginalisering en diskriminasie wat deur die staat goedgekeur word.
Die Verenigde Nasies (VN) se inwonende koördineerder, me. Kiko Gbeho, het in April vanjaar gesê die VN se rol in ’n onafhanklike Namibië “fokus op steun aan die regering om vrede en stabiliteit te handhaaf met die doel om Visie 2030 te bereik”.
Sy bepleit dialoog oor enige dispuut en beveel aan dat die oudsoldate die saak met die ministerie van veteranesake bespreek.
Voorts beskuldig Beukes vir Namvet daarvan dat hulle met die sitstaking voortgaan om geld by die publiek in te samel. Hy beweer ook Namvet se voorsitter, mnr. Jabulani Ndeunyema, het geld by die organisasie gesteel en nie sy beloftes aan oudsoldate nagekom nie.
Op sy beurt het Ndeunyema gesê: “Ek bekommer my nie oor aantygings wat ek as ’n blote mors van tyd sien nie; dis so eenvoudig soos dit.” Nóg ’n groep, die Namibië Oudsoldate Organisasie wat onlangs op die been gebring is, beplan ’n “internasionale vredesoptog” op 21 September, in samewerking met oudsoldate en die Namibiese regering.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie