Weldoeners help Sheiddy graad 1 begin
Tanja Bause – Sheiddy Peter Nsamba (10) kan nie ophou glimlag nie. Sheiddy kan sedert geboorte nie sy misvormde arms of bene gebruik nie en dus kon hy nie skool toe gaan nie.
Nadat sy pa, mnr. Julius Nsamba, onlangs by die koerant om hulp aangeklop het, het Sheiddy se lewe verander.
Die Side By Side Early Intervention Centre in Windhoek het vir hom ’n plek aangebied.
Volgens me. Michelle Zeelie, ’n maatskaplike werker by Side by Side was Sheiddy verlede week by die sentrum vir evalueringstoetse.
“Hy is baie intelligent en die fyn motoriese vaardighede wat hy met sy mond ontwikkel het, is ontsagwekkend. Ons het hom getoets of hy gereed vir skool is en daar is geen twyfel daaraan nie – hy hoort in die skool.”
Volgens haar sal die sentrum in Maart met graad 1 klasse vir Sheiddy en nog ’n paar kinders begin.
“Dit help nie om hom by ’n skool soos Môreson of Dagbreek in te sit nie. Hulle kan nie fokus op al die aspekte wat hy nodig het nie. Ons kan op sy fisieke en kognitiewe ontwikkeling fokus. Dit is hoekom ons vir hom skool sal gee en as skolier jaar vir jaar by die ministerie gaan registreer,” het Zeelie gesê.
Sheiddy het homself geleer teken en kan skryf deur ’n pen met sy tande vas te hou.
Op die oomblik gaan Sheiddy elke Maandag-, Woensdag- en Vrydagoggend na die sentrum vir hersiening van skoolwerk en om met ’n arbeidsterapeut te werk.
Hoewel sy doopnaam Sheiddy is, is hy by die kindergarten waar hy ’n jaar lank was op sy middelnaam Peter genoem en by Side by Side word ook Peter as sy skoolnaam gebruik.
“Ek is baie bly om in die skool te wees. Ek is so gelukkig,” het Sheiddy gesê.
Volgens sy pa is sy seun deesdae ’n heel ander mens by die huis en kan hy nie ophou praat nie.
“Die eerste dag toe hy van die skool by die huis kom, het hy aanhoudend gebabbel. Sy ma het hom later gesê dit is laat en hy moet gaan slaap, maar Sheiddy het amper die hele nag net gebabbel.”
Nsamba begelei sy seun die drie dae per week na die sentrum. Dan wag hy geduldig tot hy klaar is en vat hom weer huis toe.
“Ek kan nie vir hom alleen in ’n taxi laai nie. Ek moet dit vir my seun doen. Hy wou al so lank skool toe gaan en nou kan hy. Ek moet alles in my vermoë doen om hom te help om goed te vaar sodat hy sy droom kan verwesenlik om ’n dokter te word. Al beteken dit dat ek nie werk kan soek nie.”
Nsamba en Sheiddy was Maandag laat vir skool omdat hy nie geld vir ’n taxi gehad het nie en pa het vir Sheiddy vanaf die informele nedersetting Okahandjapark na die sentrum in die Goreangab- informele nedersetting gedra.
Me. Chriselda Botes het Sheiddy se voorbladstorie in die koerant gelees en besluit om te help.
“Hier is hierdie kind wat net skool toe wil gaan sodat hy eendag ’n dokter kan word – nie om geld te maak nie, maar om ander kinders soos hy te help. Dit het my laat besef en die vraag laat vra, wat doen ek vir ander mense?”
“Ons het almal swaar gekry in 2020 en alles wat daarmee gepaard gaan, maar hier is die seun met die begeerte om net skool toe te gaan en te leer. Dus het ek besluit om sy vervoeronkoste van die huis na die skool en terug te betaal. Ek sal dit aanhou doen tot in matriek want ek gaan nie vir Sheiddy een of twee jaar help en dan los nie, nee ek is hier vir hom tot matriek.”
Talle ander mense het sedert die berig verskyn het ook hul hulp met kos en klere vir die familie aangebied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie