Welkome, nuwe wet
Welkome, nuwe wet

Welkome, nuwe wet

Dani Booysen
Die lank verwagte tertafelleging van 'n wetsontwerp om hokaairoepers te beskerm, kan Namibië 'n beter samelewing in verskeie opsigte maak.

Die wetgewing sal die Teenkorrupsie Kommissie (ACC) se hand versterk, maar kan ook wetstoepassing in die algemeen verbeter, bykomende skietgoed aan afskrikking verskaf en hopelik korruptes gouer aan die pen laat ry. Sulke wetgewing dien wêreldwyd om sistemiese en opportunistiese korrupsie en misdade in die openbare en private sektore te beveg.

Die voorvereiste bly egter steeds persone wat bereid is om oortredings te rapporteer. Baie beter beskerming sal nou aan sulke persone voorsien kan word.

Vertroulikheid is van onskatbare waarde. Daarsonder kan so 'n wet alle krag verloor.

In die kleine Namibië kan dit 'n uitdaging wees – en stelsels sal so ontwerp moet wees dat dit nie geloof in 'n belangrike middel van misdaadbestryding begin aftakel sodra sake op die lappe kom wat om getuies te beskerm, vir eers geheim gehou moes word nie.

Swaar strawwe sal geld vir diegene wat valse aantygings maak. Dit is te verstane weens hulpbronne en geld wat gemors kan word om ongegronde skinderstories te ondersoek.

Wat betref 'n wetsontwerp oor toegang tot inligting, fluister die bostelegraaf dat hierdie wet nie soos onderneem vanjaar sal kan dien nie omdat te veel gesprekvoering glo nog nodig is. Só 'n wet is ewe belangrik om korrupsie te bestry en onnodige sloerdery stel die regering – en sy strewe vir absolute deursigtigheid – nie in 'n goeie lig nie.



So sê ander

20 Februarie 2017



Brian Molefe nou skattejagter vir Jacob Zuma



Die enigste doel met die aanstelling van Brian Molefe, gediskrediteerde voormalige Eskom-baas, in die parlement is om as skattejagter vir pres. Jacob Zuma en die berugte Gupta-familie op te tree.

As parlementslid mag hy in die kabinet aangestel word. En daar word sterk gegis dat dit juis Zuma se plan met hom is.

Dit sal die soveelste nasionale skandaal wees wat Zuma en die ANC veroorsaak as daar met enige van die aanstellings voortgegaan word, hetsy in die parlement of kabinet.

Maar Zuma soek dringend versterkings in die parlement en kabinet om bedenklike staatstransaksies te begin waaruit hy en sy meelopers selfverryking kan kanaliseer.

Of die vlak van onverskilligheid in die ANC so erg is dat dit wel ernstig oorweeg word om Pravin Gordhan in 'n kabinetskommeling te vervang, is amper te erg om as ernstig beskou te word.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!