Werklose onderwysers betoog vandag
Werklose onderwysers betoog vandag

Werklose onderwysers betoog vandag

Werklose onderwysers is ontevrede met die ministerie se werwingsprosesse en eis dat slegs gekwalifiseerde onderwysers aangestel moet word.
Andrew Poolman
Ellanie Smit

Werklose onderwysers sal vandag landswyd teen die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se werwsingsprosedure betoog.

Die verenigde werklose onderwysersbeweging (UUTM), die Onderwysersunie van Namibië (TUN) en die Studente-unie van Namibië (SUN) sal almal aan die betoging deelneem.

’n Klagskrif wat die eise uiteensit, sal aan die kantoor van die eerste minister oorhandig word. Die groep dring aan op ’n reaksie binne sewe dae. Indien nie, waarsku SUN dat hul die skole sal toemaak.

Die betoging sal omstreeks 08:00 by die Katutura Hulpbronnesentrum begin en betogers sal deur Onafhanklikheidslaan tot by die kantoor van die eerste minister stap om daar die klagskrif te oorhandig.

DUISEND WERKLOOS

Me. Fransina Shikomba, ’n verteenwoordiger van die beweging se organiseerders, sê daar is sowat 1 980 werklose onderwysers in die Khomas-, Oshikoto-, Omusati- en Otjozondjupastreek. Die statistiek vanaf die twee Kavangostreke, Erongo en Zambezi is nog uitstaande.

Volgens haar is een van die eise dat weggedoen word met onderhoude vir poste, “want baie onderwysers gaan vir onderhoude vir dieselfde pos en dit mors geld”.

“Een pos kan meer as 400 aansoeke kry en dan moet elke kandidaat ’n onderhoud doen. Dan is daar nog die coronavirus – ons is besig om ons en ons families se lewens in gevaar te stel,” het sy gesê.

Sy voeg by dat nie alle kandidate vir ’n pos die geld het om vir onderhoude te reis nie.

Shikomba meen gekwalifiseerde onderwysers moet in die pos aangestel word en dat poste was gevries is, weer oopgestel word.

“Alle laerskoolposte wat tans deur ongekwalifiseerde onderwysers gevul is, moet aan werklose, gekwalifiseerde onderwysers gegee word.”

Sy en die betogers eis dat werkservaring in lewensoriëntering nie meer ’n vereiste moet wees om in sulke poste aangestel te word nie.

Verder moet die medium van onderrig hersien word en deurlopend na Engels verander word, want vereistes rondom moedertaalonderrig verhoed dat werklose onderwysers vir poste in hul streek kan aansoek doen.

“Werwing moet slegs deur die menslike hulpbrondepartement hanteer word en moet krities by hoofkwartiere evalueer word, nie by skole nie, want in sommige gevalle sal hulle aansoek weerhou en beweer dat niemand gekwalifiseerd het vir die pos aansoek gedoen nie,” het sy gesê.

Sy voeg by die aanstelling van persone met ’n graad 12 kwalifikasie, of mense met ’n kwalifikasie in ’n ander veld, moet afgeskaf word.

“Poste moet aan gekwalifiseerde onderwysers toegeken word.”

SOLIDARITEIT

Mnr. Brian Ngutjinazo van SUN sê hulle staan in solidariteit met die werklose onderwysers en is ewe teleurgesteld in die stelsel vir werwing van onderwysers.

“Klasse kan sowat 35 leerlinge akkommodeer, maar klasse is soms oorvol. Soms het klasse sowat 100 leerlinge in en steeds het ons onderwysers sonder werk.”

Hy sê kinders skole sal boikot indien die onderwysers nie ’n reaksie op hul klagskrif kry nie.

Werklose onderwysers het ook verlede jaar teen die ministerie se werwingsproses betoog.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!