Wetenskap agter dié kleurryke gloed
Weer
Henriette Lamprecht – Van Windhoek tot Rehoboth en Gochas is Namibiërs die afgelope paar dae met die kleurspel van rooi, oranje, geel en selfs ligte pers tydens sonsondergang en -opkoms begroet.
Op die Facebook-blad Reënval in Suid-Afrika, beskryf Jan Meintjies dit as "red sky at night sailors delight; red sky in the morning sailors take warning."
Hy haal Joe Sienkiewicz, hoof van die Ocean Applications Branch, 'n wetenskaplike en operasionele beampte by die National Oceanic and Atmospheric Administration/National Weather Service (NOAA/NWS) Ocean Prediction Centre, aan wat wetenskaplik verduidelik twee faktore dra by tot dié gesegde.
Die eerste is dat weerstelsels gewoonlik van wes na oos in die middelste breedtegrade beweeg. Omdat die son in die ooste opkom en in die weste sak, sal 'n opkomende son voor 'n naderende weerstelsel die naderende middel- en hoëvlakwolke verlig om soggens 'n rooi gloed te skep.
Alternatiewelik, as die son ondergaan as 'n weerstelsel uit beweeg en hoë lugdruk opbou, dan sal die vertrekkende wolke verlig word. Dit sal met sonsondergang 'n rooi gloei skep met mooi weer om te volg.
Die rooierige kleur is die gevolg van verspreiding van sonlig deur opgeskorte deeltjies en aërosols in die atmosfeer. Die sonstrale gaan by sonsopkoms en -ondergang deur 'n groter lengte atmosfeer as op enige ander tyd van die dag.
Daarbenewens word aërosol-, vuil- en stofkonsentrasies tot ’n maksimum verhoog in die laagste lae van die atmosfeer, wanneer die atmosfeer deur dalende lug oorheers word.
Wanneer die land dus onder 'n hoëdrukstelsel is, word die lig vroeg soggens en saans in rooi getooi.
Volgens Sienkiewicz is bogenoemde gesegde dus geldig vir middelbreedtes wanneer die tydsberekening van weerstelsels net reg is. Dit wil sê, opklaring in die ooste met sonsopkoms met naderende wolke en opklaring voor sononder in die weste, aangesien wolke na die ooste uitgaan.
Wanneer weerstelsels en die gepaardgaande wolke van suid na noord beweeg (soos soms kan voorkom), geld die spreekwoord egter nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie