Wetgewers debatteer wetsontwerp
Jessica Botes
Wetgewers van Namibië, Suid-Afrika en Kenia het ’n drie dag lange debat op Swakopmund begin oor twee nuwe wetsontwerpe om getuies en hokaairoepers te beskerm.
Die wet op die beskerming van getuies is daarop gemik om diegene te beskerm wie se lewens in gevaar is vanweë hul vrywilligheid om in die hof teen ’n beskuldigde te getuig. Die wet op die beskerming van hokaairoepers het ten doel om diegene wat korrupsie en ander onwettighede blootlê, se identiteit te beskerm. Bepalings sal egter ook ingestel word dat persone wat ongeregverdigde beskuldigings teenoor ander maak, strafregtelik aanspreeklik gehou kan word.
Hierdie boodskap is deur visepres. Nickey Iyambo in ’n toespraak tydens die amptelike opening van die nasionale raadplegende werkswinkel gegee.
“Ek moedig julle aan om met die bespreking van hierdie wetsontwerpe, te verseker dat onskuldige mense se name vanweë persoonlike vetes nie deur die modder gesleep word nie. Ons moet ernstig waak teen die verspreiding van gerugte, kroeg- en skinderstories wat op ongeregverdigde afkeur en jaloesie gebaseer is,” het Iyambo gesê.
Volgens hom verbind die Harambee-voorspoedplan die regering daartoe om deursigtig te wees en om korrupsie te beveg.
“Pres. Hage Geingob het in pas met die voorspoedplan gesê die wet op die beskerming van hokaairoepers moet teen September vanjaar in die parlement ter tafel gelê word. Hokaairoeper en getuie-beskerming is noodsaaklike komponente van enige administratiewe regstelsel.”
“Die ontplooiing van ’n groot aantal internasionale regsinstrumente wat die staat verplig om sodanige wetgewing te implementeer, wys hoe belangrik hierdie wetgewing is. Namibië, as deel van die internasionale gemeenskap, is ’n ondertekenaar van verskeie internasionale regsinstrumente wat handel met misdaad, veral die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie (UNCAC). Dié konvensie vereis dat die staat wetgewing ter tafel moet lê wat getuies en hokaairoepers beskerm,” het Iyambo gesê.
Internasionale boodskappe is ook tydens die werkswinkel gelewer deur die nasionale direkteur van die kantoor van getuiebeskerming in Suid-Afrika, adv. Dawood Adam, en die bedryfsdirekteur van Kenia se getuiebeskermingsagentskap, mnr. Peter Mwangi. Beide het die belangrikheid van die beskerming van ’n getuie se identiteit benadruk.
Volgens ’n verslag wat aan die media oorhandig is, moet die instellings wat belas is met die verantwoordelikheid om inligting van hokaairoepers te ontvang en beweringe te ondersoek, van die staat geskei wees. Die wetsontwerp maak voorsiening hiervoor en dit skep twee verskeie rapporteringskanale vir hokaairoepers, naamlik ’n kanaal vir werkers om hul werkgewers te rapporteer en ’n kanaal vir die publiek om ongerymdhede te rapporteer. Die direktoraat wat vir die beskerming van getuies verantwoordelik sal wees, moet ook van die staat geskei wees om sy geloofwaardigheid in die oë van die publiek te verbeter. Dit sal getuies dan aanmoedig om vir die verdediging en die staat in strafsake en ander verrigtinge te getuig. Volgens die verslag moet die direktoraat terselfdertyd gesien word as ’n uitbreiding van die polisie en die vervolging van boosdoeners, of as ’n beloning vir getuies wat hul samewerking gee. Dit moet as ’n doeltreffende hulpmiddel vir die geloofwaardige administrasie van die regstelsel beskou word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie