WhatsApp 20 Augustus 2021
WhatsApp 20 Augustus 2021

WhatsApp 20 Augustus 2021

Dani Booysen
Ek is deurmekaar. Heeltemal dronkgeslaan deur hierdie genocide-affêre. Kan die “woordvoerders” van die Nama Traditional Leader’s Association asseblief tog in ‘n maklike Engels of Afrikaans hul artikels wat hulle na die koerante (die Republikein spesifiek) stuur, skryf. Ons verstaan nie die hoë Engels nie. Ons wil weet of u saamgaan met die huidige toedrag van sake rakende die genocide of nie en indien nie, hoekom nie? Ons soek nie lang uitgebreide paragrawe en lang Engelse preke nie, asseblief!

Goeiedag lesers, ek wil graag n vraag vra. Hoekom kry staatspasiënte nie hul volledige voorskrif nie? Daar word vir jou gesê hul voorraad is op. Maar in die glaskas staan daai selfde pillebokse by die dosyne. Wat help dit jy’s ‘n staatspasiënt as jy nie van hul fasiliteite kan gebruik maak nie? Vra ok net

Jo-Mare se “Sê Maar Net” was mooi om te lees. Troeteldiere is wonderlik. Baie dankie.

Mr. Andreas Vaats slaan die spyker op die kop met NamRa-salarisse.

Thusie se “Sê Maar Net” oor Okuryangava en begrafnisse was aangenaam en reguit on te lees. Baie dankie.

Windhoek-munisipaliteit, herstel en verf tog die busstoppe se sitplekke. Dit lyk verskriklik.

My debiet- en kredietkaarte is sedert verlede jaar twee keer bedrieglik gebruik vir transaksies in die Ukraïne en VSA. Die kaarte was te alle tye in my besit. Die kere wat ek aanlynaankope doen gebruik ek Paypal (met net my kredietkaart). Hoe is dit moontlik om veral my debietkaart te misbruik terwyl die kaart in my besit is? Ek gebruik my debietkaart alleenlik vir aankope in Namibië. Het sindikate nou ook Namibiese banke geïnfiltreer? Hoe veilig is banke se apps?

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!