WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Ons sit steeds in lockdown, wat ‘n positiewe uitwerking het, maar die president, ministers, hoof van die polisie en almal wat hierdie lockdown afdwing, is finansieel uitgesort. Wat van ons wat geen inkomste het huidiglik nie? Ons kon miskien ‘n paar sent gespaar het as ons geweet het soiets is op pad. Wat nog as hierdie ding verleng word? Klein kinders verstaan nie. Hoe moet ons maak? Jy mag dan nie op straat wees nie, maar wat kan mens doen? – Anoniem, Walvisbaai

Baie dankie dat Republikein, ten spyte van alle soorte beperkings, nog elke weeksdag beskikbaar is. Ons is ook baie dankbaar dat die getal Covid-19 gevalle in Namibië sover redelik stabiel is. Baie dankie dat ons regering betyds noodmaatreëls ingestel het. Hopelik kan ons interne inperking eersdaags verlig word, maar ons grense moet beslis steeds gesluit bly vir reisigers.

Daar is baie dinge wat nie vir my sin maak nie. Een daarvan is die werking van ons belastingkantoor. Ons moet geld leen om belasting te betaal, maar die staat versuim al 4 jaar om die belasting wat hulle aan ons moet teruggee te betaal. Geld aan hulle verskuldig kan ook nie hiervan verhaal word nie. Maak dit sin? (Nota: individue en besighede kan as deel van die regering se stimulusplan by die bank om kontantvloei te bevorder ‘n bedrag geld leen gelykstaande aan ‘n maand se belastingbydrae tydens die vorige belastingjaar. – Redakteur)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!