WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Sy was net nege jaar oud en het haar lewe verloor. Oor 'n hartelose man wat net 25 jaar gaan kry en lekker eet van onse tax-geld, want hy moet eet en lewe. Maar nou kom my vraag in: Stamp jy nou 'n dier of steel jy hom, kry jy dieselfde straf. Dit laat my wonder, is ons as mense se lewens rêrig so niks werd dat dit met diere s'n vergelyk word? Hoeveel nog voor daar aksie geneem word? Genoeg is genoeg.



Pad van die dood: Daar word só baie gewaarsku oor diere op die paaie. Ekself was so drie weke gelede vroeg­aand suid van Mariental sekondes van die dood, bloot omdat ek totaal van die pad kon afry om 'n trompop botsing te vermy - die betrokke voertuig moes vir 'n bees uitswaai. Vyf dae later met die terugkom, was daar letterlik oor die 40 diere verspreid langs die pad tussen Keetmanshoop en Mariental plus twee spoedlokvalle en 'n padblokkade om bestuurslisensies na te gaan. Ek weet regtig nie hoe ek dit moet regkry om die plaatjies se nommers op die diere se ore af te neem nie. Pleks die verkeersmense en polisie doen eerder moeite om die rondloperdiere se eienaars op te spoor en red só mense se lewens!



It is not good enough to reduce the use of plastic bags. We should ban plastic bags, especially at the coast where it has a huge effect on our oceans. All single use and over packaging should also addressed urgently.



Ek is letterlik teleurgesteld in ons eerste president. As hy net die stelsel van skolewet so gelos het en ons as ouers steeds die reg gegee het op ons kinders, sou die arm land nie so uit die bose wees nie, maar nee, godsdiens, dissipline en alle goeie morele dinge is daarmee heen, want slaan jy jou eie kind is jy in die tronk. Die ouer is die kind en die kind nou die ouer. Waar God nie in 'n president se lewe is nie kan mens sien daar is geen liefde in sy volk nie. Mnr. President, om 'n kind te slaan, is dissipline, want só het ons geleer om te weet wie is die ouer en wie is die onderwyser.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!