WhatsApp 23 November 2020
WhatsApp 23 November 2020

WhatsApp 23 November 2020

Dani Booysen
"Red die Delta": Die supergroenes wat alles wil stuit, is net so vernietigend as die bende wat vere voel vir die omgewing. Verstandig gereguleerde eksplorasie en ontginning bring werksgeleenthede en verdien buitelandse valuta.



Keetmanshoop-munisipaliteit is die afgelope tyd vol nuwe voertuie. Dit wil voorkom asof dié voertuie of gekoop of gehuur word, omdat registrasienommers verskil. Selfs twee Fortuners, met soms een persoon daarin. Dan word nog tydens bestuur op selfoon gepraat. Soms sien mens op die middag dat so 'n voertuig 'n persoon by die mall aflaai, dalk vir inkopies en later weer oplaai.

Namiddae na werk sien jy van dié voertuie by huise in die woonbuurte staan. Bestaan daar goedkeuring hiervoor? Is daar behoorlike beheer oor voertuie, word daar ooit gereeld inspeksies gedoen op die ­voertuie, versorging, ens.? Onlangs is voertuie op veiling verkoop, wat sou dit beter versorg en in stand gehou was, nog jare diens kon lewer.



Mens kry die idee van 'n happy go lucky-era en dat dienste wat moet gelewer word, uitgestel /afgestel word ter wille van eerder die amptenary se beswil. Elke tweede dag moet ons bel vir riool in strate van TransNamib Tseiblaagte-woonbuurt. Dis verskriklik.

Die onaangename reuk staan binne in ons huise. Die verskoning is: die mense gooi afvalkoppe, komberse klippe in die riool. Dis darem 'n flou verskoning. Donkerhoek, Lemoendraai en ander lokasies se huise en riool is in die sestigerjare gebou. Dus vyftig tot sestig jaar oud, maar die inwoners ervaar nie wat ons bly ervaar nie. Twee jaar gelede het hulle die pypleiding verlê. Maar niks help. Gaan steek kers op by die ­engineers wat die ander gebiede se riool gelê het. Manne sonder ­tegnologie het puik diens gelewer met standaard, gebakte bruin pype. Ai.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!