WhatsApp 23 Oktober 2017
Ná veel opwinding om in Oranjemund 'n huis te koop en tot die toerismemark by te dra, moes ons herhaaldelik hoor die dorp is steeds geslote in die sin van huis/eiendom koop wat alleenlik die voorreg van huidige, werkende mense in Oranjemund is. Is daar iemand wat meer lig kan werp op genoemde probleem? – Hugo
'n Ding wat pla! As jy deesdae aansoek doen vir 'n jagpermit of houtpermit moet jy die mens/mense wat verantwoordelik is vir die werk, gaan haal en weer terugvat om inspeksie te doen, want hulle het nie 'n voertuig om hulle werk mee te doen nie. Dan is hulle nogal so arrogant om vir jou te sê as jy nie met 'n dubbelkajuitbakkie of 'n sedanmotor opdaag nie, sal hulle nie saamry nie, want hulle is ten minste twee of drie wat moet saamry. Ons wag nou al vir twee maande! Dit kan mos nie so aangaan nie. Outjo-groete.
Namibiese Taxi-vereniging, NABTA, wanneer sal die gedrinkery op die bussies stop? Dit veroorsaak groot probleme en vertragings op sekere roetes, want daar moet kort-kort gestop word om die toilet te gebruik as 'n verskoning om meer drank te koop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie