WhatsApp
WhatsApp

WhatsApp

Dani Booysen
Pres. Geingob en kabinet, volg asb. pres. Ramaphosa se voorbeeld en stort 30% van julle salarisse in ‘n fonds vir klein besighede. Laat adv. Walters die fonds administreer.

Ná die Covid-19-pandemie uitgebreek het, het die regering alles in hul vermoë gedoen: watertenke en kospakkies na informele areas, haweloses kry 'n dak, handreinigers word uitgedeel, N$750 aan dié sonder inkomste of wat inkomste verloor het, hospitale word oornag opgerig/ingerig. Baie goed en welgedaan. Ek hoop ná die "lockdown" bly alles net so in plek, die uitreik na haweloses, werkloses, ens. Hou die blink kant nog steeds bo ná Covid-19. Die hooggeplaastes moet dit oorweeg en toepas. God wil so hê.

Rêrig. Dis ondemokraties as die uniformmanne wat die voorbeeld moet wees kom met ‘n oorlaaide minibus en vir julle konfronteer wat net drie bymekaar staan. Julle moet ook sosiale afstand hou. So julle is nie vatbaar vir corona nie, of is ons Grondwet ‘n sirkusskouspel? – Bekommerde nar

Onderwys aanlyn. Mev. Steenkamp, ek weet nie wat jy dink nie. Seker meer as 60% van leerlinge het geen toegang tot Internet nie. Hoe kan julle enigsins dink dit is werkbare voorstel?

Daar is baie dinge wat nie vir my sin maak nie. Een daarvan is die werking van ons belastingkantoor. Ons moet geld leen om belasting te betaal, maar die staat versuim al 4 jaar om die belasting wat hulle aan ons moet teruggee te betaal. Geld aan hulle verskuldig kan ook nie hiervan verhaal word nie. Maak dit sin? (Nota: individue en besighede kan as deel van die regering se stimulusplan by die bank ‘n bedrag geld leen gelykstaande aan ‘n maand se belastingbydrae tydens die vorige belastingjaar. – Redakteur)

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!