Was verlede week in Mahangu by Divundu. Skokkend om soveel dooie seekoeie te sien. Nie 'n goeie gesig vir toeriste nie. Wat pla is dat Mahangu laasweek nog oop was vir toeriste wat wild en wakker sensasiefoto’s die wêreld in stuur. In geval van so ‘n epidemie behoort die park onmiddellik gesluit en afgesper te word. Lodges hou ontbyt-ekskursies in die park in die omgewing waar hierdie seekoeie dood lê. Wat van die gevaar van menslike oordrag? Dit is bekend dat miltsiekte se spore vir honderde jare kan oorleef na besmetting. Lyk my nie die owerhede het werklik die erns van hierdie situasie begryp nie. Na twee weke nog nie eens 'n laboratoruimuitslag wat die epidemietoestand kan bevestig nie. My mens. . .
MTC Olympia. Drie persone sit agter hul lessenaars, maar nie EEN maak enige oogkontak met ons as kliënte met die inkomslag nie. Nie eens toe ons by die lessenaar gaan plaasneem nie. Enigste reaksie is net die blikstem wat ons nommer lees. Wonder hoekom? Beslis nie goeie kliënteontvangs nie sal ek sê. - Ai tog van Whk
Die sandaalman in Otjomuise se nommer is 081 371 2088.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie