Og, moet ons dan alles doen wat SA doen? Kan ons nie vir onsself dink nie?! Ek verwys na Nanso wat dreig met plakkerskampe, sluiting van kampusse, ens.
Onderwysstaking: U wat d.m.v ''n blitsboodskap oor die Afrikaanse Radiodiens beweer het dat 99 persent van die onderwysers lui is, hoekom het u dan ''n probleem as hulle staak? Want dan beteken dit mos die kinders is so te sê heeltyd op hul eie. Onderwysers is ook ouers, het hul huise, hul eie probleme, hul uitgawes net soos u en hulle het regte net soos in enige ander beroep en is net so geregtig op ''n mededingende besoldiging en beter werkomstandighede, en nie ''n hongerloon maand na maand nie. Jy weet duidelik nie wat hulle elke dag moet deurmaak nie, en onthou - hulle werk nie halfdag soos baie van julle dink nie. Hulle sit en merk en doen voorbereiding vir die volgende dag lank na jy in jou warm kooi geklim het. Moenie eens praat van alle buitemuurse aktiwiteite waaraan hulle moet deelneem nie, terwyl baie ouers skitter in hul afwesigheid as dit by hul kinders se opvoeding kom. Gaan leer vir ''n onderwyser, kom hou skool en dan praat ons weer. In elk geval is baie kommentaar gegrond op jaloesie en afguns, meer emosie as feite. Ek is self ''n skoolouer en kind van ''n oud-onderwyser wat meer as 30 jaar ononderbroke in die onderwysberoep was, so los die suur druiwe. - Riaan

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie