Bravo, Rainer Ling, jou manhaftige optrede het 'n paar veediewe agter tralies laat beland. Baie dankie ook aan al die plaasboere wat so mooi saamgestaan het! Dankie ook aan die polisie van Rehoboth en Dordabis vir die harde werk. Maak ook Bahnhoff skoon, daar is nog klomp diewe wat los rondloop en plunder. Ons slaap baie min in die aand, want dit is die tyd wat die diewe die besigste is. Hulle kom tot by 'n kraal, klim oor
die draad en vat 'n bok of skaap soos
niks uit 'n kraal. Op Bahnhoff verkoop hulle
enige ding by die sjebiens en smokkelhuise vir niks. Ons hartseer oor ons verliese het ons vir die Here gegee. Hy sal met die veediewe afreken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie