WHS hoopvol vir nog u2019n blink jaar
WHS hoopvol vir nog u2019n blink jaar

WHS hoopvol vir nog ’n blink jaar

Hokkie
Andrew Poolman – ’n Byvoeging tot die fasiliteite van die Trustco Davin hokkiebaan van Windhoek Hoërskool (WHS) sal bydra om die sportstadion nader aan wêreldklas standaard te bring.

Beanca le Roux, Mej. WHS in 2019 en self ’n hokkiespeler, het met die inisiatief vorendag gekom om ’n permanente tekenbord by die gasheerspan se reserwebank te laat aanbring waarop die afrigter taktiese en tegniese verduidelikings kan oordra. Die bord is beskikbaar vir oefensessies, asook om voor wedstryde of tydens rustyd gebruik te word.

“As oudhokkiespeler weet ek hoe ’n mens soms deurmekaar oor taktiek kon raak, bloot omdat die afrigter ’n ou draagbare tekenbord gebruik het waarop vorige lyne nie behoorlik uitgevee was nie. Ek glo dat hierdie ’n belegging in die blou skool en sy hokkie vir komende jare sal wees,” het Le Roux gesê.

“Hokkie is ’n trotse deel van WHS en ek het gevoel om iets spesiaal te doen vir oom Johann (Weyhe), wat so ’n integrale deel van WHS-hokkie is.”

Le Roux se idee is tot uitvoer gebring met ’n tekenbord verskaf deur Parrot Productions, wat deur me. Tammy Smit as takbestuurder vir Namibië verteenwoordig is.

Smit sê: “Dit is ’n groot eer om deel van so ’n fantastiese, unieke kode soos WHS-hokkie betrokke te wees. Ek wens hulle alle voorspoed vir die jaar toe en hoop dat nog hokkieskole hierdie voorbeeld sal volg. Ek glo ook dat WHS se hokkiebaan en -spelers ’n belangrike rol te speel het in die Namibiese spanne se komende Wêreldbeker-kwalifiseringsveldtogte.”

Die kapteins van WHS se eerste seuns- en meisiespanne is David Britz en Joané van Rooyen, wat beide ook reeds as nasionale spelers deurgebreek het.

Beide sê hulle sien dit as ’n positiewe aanwins – “veel gemakliker as om rustyd in ’n klein kleedkamer te sit waar die afrigter op ’n draagbare tekenbord met kryt en ’n uitveër die wysigings in taktiek probeer oordra. Ons glo dit is ook die volgende stap ten bate van al die skole- en klubspanne wat by WHS se baan speel.”

Mnr. Johann Weyhe, afrigter van die WHS-seunspan, sê die tekenbord is ’n uitstekende inisiatief en sal van waarde wees om hokkie in die land na die volgende vlak aan te help.

“Dit is vinnig en maklik en ek glo ons sal dit binnekort ook by die ander Windhoek-skole se hokkiebane sien.”

Hokkiespelers is reeds ’n tyd lank aan die oefen om hul fiksheid en vaardighede op te knap met die wesenlike hoop dat dit as niekontaksport binnekort volwaardig tot kompetisie kan oorgaan. Protokol word streng toegepas om die moontlike oordrag van die coronavirus te verhinder.

Die stilstand weens Covid-19 is vir Weyhe ’n terugslag omdat hy reken WHS het vanjaar weer sterk spanne wat hulle by toernooie in Suid-Afrika sterk kon laat geld het.

Ten slotte het hy sy waardering uitgespreek teenoor die Namibiese Hokkie-unie (NHU) wat baie insteek om die sport in geheel tot sy reg tebring en om Namibië se o.18-, o.21- en senior mans- en vrouespanne vir ’n sterk aanslag op internasionale vlak te posisioneer.


FOTO:
By die onthullingsgeleentheid staan van links mnr. Johann Weyhe (afrigter), David Britz (kaptein van eerste seunspan), me. Tammy Smit (Parrot Productions), Beanca la Roux (Mej. WHS 2019), Joané van Rooyen (kaptein van eerste meisiespan) en mnr. Hawie Engels (skoolhoof).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!