Wild Run by Midgard lewer 'n rekord
Veldwedloop
Die sesde weergawe van die Windhoek Light Wild Run is laas Sondag aangebied, in samewerking met Standard Bank, OTB Sport en die Midgard-landgoed.
Meer as 430 deelnemers het deelgeneem, wat die grootste getal in die bestaan van die jaarlikse reeks was. Deelnemers het 'n keuse gehad van 'n 8 km of 16 km-roete in die skilderagtige en ruwe berge waar die oorsprong van die Swakoprivier is.
Die Windhoek Light Wild Trail is die derde byeenkoms in die Standard Bank X-Trail winterreeks.
Die 16 km het baie vinnig begin in die Jeep-spore wat langs die Swakoprivier loop. Hierna was dit 'n bestendige klim van 300 meter na die hoogste punt van die berg, onder die plaaslike boere bekend as “God's Window”.
Die klim was taai en min deelnemers kon die volle opdraand uit sonder om te stap met. Die afdraand was wonderlik teen 'n vinnige enkelspoorpaadjie af, wat byna soos die helling van 'n slalomski moes gevoel het.
Salomo David was die wenner van die 16 km in een uur 12 minute 35 sekondes. Salomo, 'n veteraan in die groep 40-50 jaar, het 'n besonderse jaar beleef en het eerste plekke in al drie X-Trails in die reeks behaal.
In die algehele tweede en derde posisies was die elite duo Pedro Mendoza (1:12:57) en Thomas Miller (1:14:15).
In die vrouewedloop is die eerste plek in 1:29:26 deur Ndahambelela Shelikita losgehardloop. Die tweede plek algeheel was Stephanie Roland in 1:31:26 en die derde in die elite-ouderdomskategorie was Jocelle Wessels (1:33:15).
Rakela Akukothela was eerste in die veteranekategorie in 1:35:34.
Nadine Agnew het die meesters vroueresies in 1:37:51 gewen en Abraham Rooi die meesters manskategorie in 1:31:20.
KORTER, VINNIGER
In die 8 km afstand het die roete ook met 'n vinnige plat gedeelte in die wildtuin begin. Die aanvanklike klimdeel was ongeveer 4 km. Daar was twee mediumgrootte, maar steil heuwels wat die meeste deelnemers tot 'n staptempo gedwing het.
Die laaste afdraand na die eindstreep was baie steil met los klippe, wat die meeste deelnemers met omsigtigheid en verminderde spoed moes benader.
Die algehele vrouewenner van die afdeling en ook die eerste veteraan was Ottilie Aimwata in 45:30. Sy is gevolg deur Jo-Andri Pretorius in 46:26 en in die derde plek Liezl Swanepoel in 47:26.
Die algehele wenner van die manskategorie was Arnoles Tjihuro in 36:53. Tweede was Nesley Gawaseb in 37:03 en derde Ramos Murangi in 38:55.
Bolla Akwenye het die veterane-ouderdomsklas in 41:59 gewen. Susan Martens was die wenner van die vroue meesters in 56:15 en Frans Erasmus het die meesters manskategorie in 39:43 ingepalm.
Van die meisies elf en jonger het Lilia Ellis die eerste plek behaal (1:04:37) en Nathan Chase het dié seunsklas in 45:45 gewen.
Die meisieskategorie 15 en jonger is in 52:58 gewen deur Maja Brinkmann, met Basson van der Merwe haar eweknie by die seuns in 44:21.
• Die laaste byeenkoms in die Standard Bank Winterreeks, The Dunes X-Trail, vind op 21 September in Swakopmund plaas. Vir reeksposisies word deelnemers op grond van hul topdrie uitslae (uit vier byeenkomste) geëvalueer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie