Windhoek suiwer weer water
Windhoek suiwer weer water

Windhoek suiwer weer water

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Die munisipaliteit se woordvoerder, me. Lydia Amutenya het pas aan Republikein bevestig dat watersuiweringwerk by die munisipaliteit se Gammams-aanleg weer op Donderdag 22 Februarie hervat is.

Sy sê teen Vrydag verlede week was die aanleg weer in volle werking, alhoewel water tans nog nie deur die WinCog-aanleg gesuiwer word en as drinkwater terug in Windhoek se stelsel geplaas word nie.

Dit volg nadat sowat 6 000 liter swaar brandstofolie by Namibia Dairies se Avis-aanleg op Sondag 3 Februarie in Windhoek se rioolstelsel gestort is en alle watersuiweringwerk in die stad vir langer as twee weke gestaak moes word om te keer dat die biologiese prosesse wat in die suiweringsproses gebruik word, skade ly.

Die gevolg was dat tussen 24 000 en 27 000 m³ onbehandelde en oliebesmette rioolwater die Goreangabdam daagliks binnegevloei het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!