Windhoekers skuil betyds toe missiel Israel tref
Ronelle Rademeyer - ’n Windhoekse egpaar op besoek aan hul kinders het Maandag in die vroeë oggendure net 40 sekondes as waarskuwing gehad toe ‘n sirene inwoners in Tel Aviv, Israel, teen ’n langafstandmissiel uit die Gazastrook gewaarsku het.
Mnr. Hugo en me. Roswitha Zahrt het gister uit die voorstad Telmond vertel hul dogter, me. Bianca Meger, ’n gebore Namibiër, was op pad om te gaan draf toe die sirene afgaan, wat inwoners van Israel teen sulke aanvalle waarsku.
“Wanneer daardie sirene loei, het ’n mens net 40 sekondes om skuiling te soek,” sê Hugo.
"Ek was besig om met Bianca te gesels terwyl sy gereed gemaak het om te gaan draf. Toe ons die sirene hoor, het Bianca geskree en ons het dadelik na die bomskuiling gestorm," vertel hy. Dit is 'n versterkte vertrek waarmee die huis toegerus is.
Die deur was skaars toe, toe hulle saam met Bianca, hul skoonseun, mnr. Sagiv Meger, en hul drie kleinkinders, Dylan (20 maande), Kimberley (8) en Dean (12) gevoel het hoe die trefslag van die ontploffende missiel die gebied skud.
Ses mense, onder wie 'n baba, is beseer toe die missiel 1 km daarvandaan ’n woonhuis in die buurt Mishmeret getref het.
Reuters berig dit is die eerste aanval van dié soort sedert die oorlog in 2014 in hierdie Palestynse enklave.
Dit was die derde missielaanval die afgelope twee weke in Tel Aviv, vertel Hugo.
“Israel is toegerus met wat hulle ’n ‘Iron Dome’ noem. Dit is ’n lugafweerstelsel waarmee langafstandmissiele soos hierdie onskadelik gestel word voordat dit die teiken tref,” verduidelik hy.
Volgens Hugo is die meeste nuutgeboude huise in die meer gegoede woonbuurte toegerus met só ’n versterkte vertrek, byna soos ’n instapkluis wat as bomskuiling dien.
Hy vertel hierdie aanvalle was “totaal onverwags”.
“Die aanvalle twee weke gelede het ons gelukkig vrygespring aangesien ons in daardie stadium op besoek aan Jerusalem was.”
Dit het nie geboue getref nie en niemand is beseer nie, berig Reuters.
Die Zahrts se Israeliese skoonseun is in die oliebedryf en hul dogter, ’n bemarker in die sakewêreld, is onlangs as Israel se toppresteerder vir mense onder 40 aangewys.
Dit is ’n gesogte nasionale saketoekenning.
Hulle woon reeds vyf jaar daar nadat hulle voorheen in Serwië woonagtig was.
“Ons keer die naweek weer terug na Windhoek en dit is vir ons erg om ons dogter en haar gesin onder hierdie omstandighede hier te los,” het Hugo gister telefonies uit Tel Aviv gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie