Winkelassistent wreed aangerand
Jeanette Diergaardt
'n Video van 'n vroulike winkelassistent wat deur 'n manlike kliënt aangeval word, het gister op sosiale media opslae gemaak.
Die voorval het Sondag by Pick n Pay Megacentre in Kleine Kuppe plaasgevind.
In dié sekuriteitsvideo help die winkelassistent die man, voordat hy ná 'n woordewisseling haar met 'n pen gooi. Sy reageer deur iets soos papier terug na hom te gooi.
Die vrou wat oënskynlik saam met die man is, gooi die winkelassistent ook met papier.
Hierna beweeg die man agter die toonbank en rand die winkelassistent fisiek aan met klappe en houe in die gesig. Hy het haar ook met die knie bygekom terwyl sy in 'n stadium op die vloer beland het.
Die aanranding duur vir sowat 'n minuut voordat iemand die winkelassistent te hulp snel, maar net daarna word sy weer verder geslaan. Nog 'n persoon probeer help, maar word deur die aanvaller uit die pad gestoot voordat hy die winkelassistent verder klap en slaan.
Die aanranding eindig ná meer as twee minute waarna werknemers en die man en vrou wat die winkelassistent aangerand het saam vergader en praat.
Hoofinsp. Kauna Shikwambi, woordvoerder van die Namibiese polisie, het die voorval bevestig en gesê 'n klag van aanranding en crimen injuria is aanhangig gemaak.
Dié besturende direkteur van Pick 'n Pay, mnr. Graeme Mouton, sê in 'n mediaverklaring: “Dié barbaarse voorval is ontsettend ontstellend. In 'n land waar geslagsgeweld aan die orde van die dag is, kan ons nie hierdie tipe gedrag goedpraat nie.”
In die verklaring bied Mouton 'n verskoning aan die winkelassistent aan oor wat met haar gebeur het, asook aan die publiek en werknemers van Pick n Pay wat die voorval moes aanskou.
Volgens Mouton is traumaberading gereël vir die winkelassistent en die werknemers wat die voorval beleef het. Ter afsluiting verseker hy die publiek van klante se veiligheid in enige Pick n Pay landswyd.
Die ondersoek duur voort en geen verdere inligting is bekend gemaak nie.- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie