Winter Knights maak harte warm
Tanja Bause - Komberse, klere en kos wat tydens die Tafelronde se jaarlikse Winter Knights-veldtog ingesamel is, is onlangs in die suide van Namibië aan minderbevoorregte mense uitgedeel.
Welwitschia 213, een van vyf Tafelronde-klubs in Namibië, het by Hoërskool Anna Maasdorp op Duineveld 140 komberse uitgedeel. Kruideniersware ter waarde van N$6 000 is ook aan koshuiskinders geskenk. Nege families, bestaande uit 22 mense elk, asook 24 pensioenarisse, het ook komberse en kospakkies ontvang.
“Daar is baie meer pensioenarisse wat hulp benodig, maar die Duineveld-gemeenskap het dié 24 bejaardes as begunstigdes gekies omdat hulle die hulp die nodigste het. Die nege families is deur die gemeenskap geïdentifiseer,” het me. Amize Adams van Welwitschia 213 gesê.
In Karanas het Welwitschia 213 by die Laerskool A & W Mouton 75 komberse en kos uitgedeel.
In Mariental het die lede van die klub ook besoek aan pastoor Prins van die Hope Centre Roman Catholic Aids Foundation gebring. Pastoor Prins het ’n sopkombuis waar sy twee keer per week aan 76 mense kos voorsien wat deur die vigspandemie geraak is.
Die Sonop-skool op Mariental se leerlinge het 190 komberse ontvang. Die boonste vloer van die skool se meisieskoshuis het in Junie afgebrand en 40 meisies het al hul besittings verloor.
In die Dakaran-woonbuurt op die dorp het lede van die Tafelronde-klub 80 komberse en kos aan ’n sopkombuis geskenk. Die sopkombuis is deur ’n lid van die gemeenskap geopen wat saam met sy familie elke Saterdag vir weeskinders en pensioenarisse kos gee.
Die Catholic Aids Foundation op Keetmanshoop het 140 komberse, melk en kookolie, wat deur Santam Namibia geborg is, ontvang. Kinders wat by dié organisasie geregistreer is, ontvang nie net kos nie, maar ook berading.
Ook op Keetmanshoop is komberse aan die Christ Hope International Orphanage, die Rooms-Katolieke koshuis, Don Basco en ook aan die ouetehuis geskenk. Welwitschia 213 het tydens hul besoek aan die Suide kos ter waarde van byna N$60 000 en 1 111 komberse ter waarde van sowat N$68 000 in die Hardapstreek uitgedeel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie