Woestyn se eie rivier looi die Namib
Des Erasmus - Wanneer die Namibwoestyn sy eie rivier maak, word nie gespeel nie. Dan word die barre Arandis die voedingsbron van die Khanrivier en kies die stroom sommer rigting tot by Goanikontes, 'n oase sowat 40 km oos van Swakopmund, en ook daar verby. Dit terwyl die bolope van die Khanrivier horingdroog bly.
Arandis self het Woensdag nog stadig opgestaan na die stormweer van Maandag en Dinsdag. Oorslaandorpe in die droogtegeteisterde Erongostreek was gister steeds Omaruru en Usakos met Karibib wat in sy skik was met 'n bietjie reën wat Maandag en Dinsdag daar geval het. Harde reën het wel in die gebied tussen Wilhelmstal, oos van Karibib, en op Okahandja geval. Op Karibib is Woensdagoggend hoë verwagtinge gekoester van 'n sterk oostewind wat daar gewaai het. In die gebied is dié wind bekend as 'n koerier van reën.
Die Arandisstorms het die Khanrivier gevoed. Wes van Arandis het vloedwater van die Khanrivier aan die padskouer van die verbindingspad na Husab, 'n massiewe uraanmyn in wording, weggekalwe en daarvandaan in die rigting van die see koers gekies.
Twee mans, mnre. Bertus Boshoff en Jaco Duvenhage, het Dinsdag die rivier se roete in die rigting van Swakopmund gevolg. Naby Goanikontes is op die voorpunt van die vloedwater afgekom.
Op Arandis het mnr. Hennie Horn, 'n personeellid van die Namibiese Instituut van Myntegnologie (Nimt), Woensdag aan Republikein gesê by die kampus op Arandis is Maandag 15 mm uit die reënmeter gegooi en Dinsdag weer 15 mm. Die eerste reëns het van die inwoners deur die nag met besems en grawe laat werk om die water uit hul huise te hou. Toe tref presies dieselfde stormtoestande Arandis Dinsdag weer.
Usakos het nie Maandag in die reënweer gedeel nie, maar Dinsdagoggend en later in die middag het ligte reën geval.
Tussen Wilhelmstal en Okahandja het die reënweer weer oorgeneem. Motorryers van Omaruru wat Dinsdag op die pad beweeg het, het aan Republikein gesê plek-plek kon die ruitveërs nie voorbly nie.
Intussen berei inwoners van die kusdorpe hulle voor op nog stormweer die naweek. Voorspellers van seeweer het gewaarsku dat die oostewind met sy gepaardgaande hittegolf môre weer die kusdorpe Walvisbaai, Swakopmund en Hentiesbaai gaan tref. Dit gaan net warm wees sonder veel wind. Sondag gaan die stofstorms saam met die hitte kom. Die toestande behoort eers teen Maandagmiddag te normaliseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie