Wonder van die oneindige hemelruim
Die kunstenaar Margaret Joy Nienaber se eerste solo-kunsuitstalling begin môre by The Project Room.
“Watter opwindende en vernuwende wondere wag daar nie op ons nie! Wondere om te sien, te voel en ons siele aan te raak in die ongewone en onrusbarende tye waarin ons onsself bevind. Die kleure en teksture van kunsmateriale moedig ons aan om die ruimte rondom ons te verken. Bo ons is die ope sterrehemel, waarna ons vir ewig kan kyk,” sê die kunstenaar Margaret Joy Nienaber, beter bekend as Margie.
Haar eerste solo-kunsuitstalling, Here, Above, Beyond, word môre by die Project Room-galery in WIndhoek bekend gestel.
DIE KUNSTENAAR
Margie is in 1952 in Windhoek gebore en het by St. George's Diocesan en Centaurus Hoërskool skoolgegaan. By dié einste skole het sy later as Engels- en geskiedenisonderwyser gewerk. Margie het haarself met haar studies besig gehou. Nadat sy haar graad in kunsonderrig by die Kaapse Opleidingskollege vir Onderwysers in Mowbray, Kaapstad, voltooi het, het sy na Namibië teruggekeer om met haar onderwysloopbaan te begin.
Ten spyte van haar liefde vir visuele onderrig, het Margie eers in 1998 haar passie gevolg en die pos van kunsonderwyser by St. Paul's College aanvaar, waar sy tot haar aftrede in 2010 gewerk het.
Tydens dié tydperk het sy haar toewyding tot die kunsbedryf verder bewys deur as 'n eksterne kunseksaminator vir graad 10 tot 12 onder die ministerie van onderwys, kuns en kultuur te dien.
“Dié sal my eerste solo-uitstalling wees, aangesien ek my die oorgrote meerderheid van my lewe as onderwyser afgesloof het,” lag sy.
“Dit was net ná my aftrede dat ek in staat was om dit te doen wat my die meeste interesseer, naamlik om die wêreld van tweedimensionele kuns in my eie tyd te verken.”
Margie het die eerste stap geneem en by die Barbara Böhlke Art School aangesluit “om my eie groei en belangstelling in kuns te ontwikkel”.
Hier het sy haar ideale kunsmedium ontdek – oliepastel op Fabriano-papier in donker skakerings.
Sy is steeds aktief by die kunsskool betrokke en haar werk is reeds by verskeie groepuitstallings ingesluit. Hierbenewens is haar werk ook in 2014 en 2017 by die Windhoek Triënnale-uitstallings vertoon.
In haar mees onlangse, volledige versameling, Here, Above and Beyond, word 'n belangstelling wat Margie as “weerkaatsende lig” beskryf, gereflekteer in stukke soos “Stellar Swirl”, “Scale of Pisces”, “Ebb and Flow” en “Northern Lights”.
Volgens haar is dit 'n manier om oneindige verwondering uit te druk. Die wonder van die oneindige hemelruim en heelal dien hier as haar inspirasie.
“Deep sky is, of all impressions, the nearest akin to a feeling,” haal sy die digter Samuel Taylor Coleridge aan.
“Water weerkaats die hemele so goed – spikkels dansende, energieke refleksies. Ek probeer dié harmonie op enige manier moontlik vasvang.”
Sy het geen webtuiste of Facebook-blad nie, slegs 'n e-posadres.
“Op die gesonde ouderdom van 68 is ek nuut in die bedryf!” sê sy.
Haar uitstalling kan vanaf môre tot Saterdag 7 November by The Project Room in 32 Jennerstraat besigtig word.
Die galery is Dinsdae tot Saterdae tussen 10:00 en 13:00 oop.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie