Woord van die week
sterkgevreet (sterk-ge-vreet) b.nw. (geselstaal) Ook sterkgevriet of soms sterk gevreet of sterk gevriet. Dapper, sterk of slim, dikw. op 'n uitdagende of parmantige manier wat met magsvertoon gepaard gaan; sin. sterkgesig (minder gebruiklik): Skielik verskyn daar drie ouens uit die donkerte. ``Jou geld. Alles. En maak gou,' sê hulle vir Aap. Maar die drankies het Aap sterkgevreet gemaak en hy wil met hulle baklei. Twee vinnige steekhoue in die nek, en daar val Aap neer (Son, 14 Jul.2009, 9).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie