Woordvoerder sterf onverwags
Woordvoerder sterf onverwags

Woordvoerder sterf onverwags

Ester Kamati
Ester Kamati op Outjo – Insp. Vehangaiza Candy Ruiter, die polisiebeampte vir gemeenskapsake in die Kunenestreek, het ’n selfdoodvoorval bevestig en gesê daar is geen selfdoodbrief agtergelaat nie. Geen vuilspel word vermoed nie.

Die oorledene, wat as mnr. Andrew Mazenge, beter bekend as Bokkas, geïdentifiseer is, was die skakelbeampte van Outjo se munisipaliteit tot einde verlede jaar toe hy by die vragmotoronderneming Rhino Trek aangesluit het.

Volgens 'n bron het die oorledene Sondagmiddag gesê hy gaan werk toe en die huis verlaat met net sy skootrekenaarsak. Hy het egter nie by die werk opgedaag nie en is nooit weer terug huis toe nie.

Vermoedelik het hy 'n ent langs die Outjo-munisipaliteit se kamppad gaan stap en homself met 'n tou aan 'n nabygeleë boom opgehang. Hy is deur 'n verbyganger ontdek wat die polisie Maandagoggend in kennis gestel het.

Die oorledene se oom het gesê hulle (hy en die oorledene) was Sondagoggend saam. Hy het geen idee gehad dat dit die laaste keer sou wees wat hulle gesels nie. Dit het nie vir hom gelyk of iets skort of dat Mazenge enige tekens van depressie toon nie. Maandagoggend het sy oom hom probeer bel, maar hy het nie geantwoord nie, waarna hy 'n SMS gestuur het om te sê “as daar 'n probleem is, praat met my” sonder die verwagting om later te hoor hy is dood.

Mazenge laat sy vrou, drie kinders en twee broers agter.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!