Wors bring hoop ná brand
Die gesegde “aanhouer wen” het Maandagaand vir ’n inwoner van Keetmanshoop ’n werklikheid geword.
Mnr. Wikus Malan is as vanjaar se wenner van die Shoprite & Checkers Namibian Champion Boereworskompetisie aangewys.
Boonop is Malan die algemene bestuurder en slagter van die Spar op Keetmanshoop, waar ’n brand Sondagoggend ontstaan het. Die brand is teen die middag onder beheer gebring. Die omvang van die skade is nog nie bereken nie.
“Die verlies is traumaties,” sê Malan.
Maar Maandagaand se uitslae het troos gebring.
Vir die afgelope drie jaar het dié Spar-werknemer aan die Boerewors-kompetisie deelgeneem, en elke keer in die topdrie geëindig, maar nog nooit met die louere weggestap nie.
Vanjaar kan hy egter met ’n splinternuwe Isuzu-bakkie wegry, asook met die titel van Namibië se Boereworskampioen.
“Dit wys jou net hoe belangrik deursettingsvermoë is. Die Here weet altyd wanneer om vir jou iets te gee,” het Malan aan Republikein gesê.
“Die splinternuwe bakkie is vir my, die winkel se eienaars en my kollegas ’n simbool van hoop. Dit (Keetmanshoop se Spar) is nie net ’n werksomgewing nie – ons is soos ‘n familie. Toe ek die bakkie wen, het ek geweet dit is die Here wat ons seën.”
Malan het gesê die bakkie kon nie op ’n beter tyd kom nie.
“Die fisieke skade van die brand is reeds ’n groot verlies, maar die emosionele verlies is veel erger. My hart wou bars toe ek gisteraand as wenner aangekondig is. Die Here werk op vreemde maniere,” het hy gesê.
“Vir my, wat ’n bestaan in die vleisbedryf maak, is hierdie toekenning ’n groot eer. Dit het baie harde werk geverg.”
Me. Sanet Prinsloo, wat die Shoprite & Checkers Namibian Champion Boereworskompetisie sedert 2011 namens NamChefs behartig, sê die gehalte van vanjaar se inskrywings was uitstekend.
“Dis duidelik die worsmakers verstaan nou wat die beooordelaars in ’n wenresep soek,” sê sy.
Sy sê die soektog na die beste wors in Namibië is “’n lang, maar lekker ervaring”.
“Ons tonge het gedans van al die lekker worse waaraan ons geproe het,” sê sy.
Lees in Vrydag se Kollig meer oor die kompetisie, asook die nuwe kampioen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie