Wêreld kom gedenk sy persvryheid hier

Die vorige gasheerland Nederland het seremonieel die pligte vir 2021 aan Namibië oorgedra.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Dit is volgende jaar Namibië se beurt om Wêreldpersvryheidsdag se verrigtinge aan te bied. In 2021 vier Namibië ook die Windhoek Deklarasie se 30ste bestaansjaar.

Die verantwoordelikhede vir die aanbieding van dié geleentheid is tydens ’n seremonie Donderdag deur die vorige gasheerland, Nederland, aan Namibië oorhandig.

Die oorhandigingseremonie by die Covid-19-kommunikasiesentrum in die hoofstad is deels ook virtueel aangebied vanuit die Verenigde Nasies se Onderwys-, Wetenskap en Kultuurorganisasie (Unesco) se kantoor in Parys, Frankryk.

Unesco se verteenwoordiger in Nederland, mnr. Hans Wesseling, het dié eer aan die Namibiese ambassadeur in Frankryk en die permanente afgevaardigde by Unesco, mnr. Albertus Aochamub, oorhandig.

Wêreldpersvryheidsdag vind jaarliks op 3 Mei plaas. Joernaliste en mediawerkers vanoor die wêreld sal die verrigtinge vanaf 1 tot 3 Mei in die hoofstad bywoon.

“Ons verwag dat joernaliste en mediawerker vanoor die wêreld die verrigtinge sal bywoon. Daar sal gedebatteer word oor die veranderende joernalistieke landskap en tersaaklike kwessies sal bespreek word,” het Unesco se verteenwoordiger in Namibië, mnr. Djaffar Moussa-Elkadhum, tydens die seremonie gesê.

Volgens die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga, is dié geleentheid ’n getuienis van internasionale gemeenskappe se verbintenis tot die handhawing van objektiewe en deursigtige joernalistiek.

WÊRELDPERSVRYHEIDSDAG

“Die derde Mei is ’n dag waartydens die fundamentele beginsels van persvryheid gevier word en waartydens die stand van persvryheid oor die wêreld heen herevalueer word.

“Dit is ook ’n dag om joernaliste se onafhanklikheid en vryheid te verdedig en om hulde te bring aan diegene wat hul lewens verloor het tydens die uitoefening van hul beroep,” het Moussa-Elkadhum gesê.

Die adjunk-direkteur-generaal van Unesco, mnr. Xing Qu, het die belang van joernalistiek in veral in die tyd van die Covid-19-pandemie uitgewys.

“Mense wêreldwyd maak tans staat op bekwame en onafhanklike media om sin te maak van die pandemie en om die onderskeid tussen feit en fiksie te tref.”

WINDHOEK DEKLARASIE

Vanaf 29 April tot 3 Mei 1991, kort ná Namibië se onafhanklikheidwording, is ’n konferensie deur Unesco georganiseer en deur die Namibiese regering aangebied. Hiertydens is die Windhoek Deklarasie saamgestel.

Die Deklarasie omskryf dat onafhanklike en plurale joernalistiek die hoeksteen van die land se demokrasie is.

“Tydens die 2021 verrigtinge van Wêreldpersvryheidsdag sal die Windhoek Deklarasie herevalueer, opgedateer en goedgekeur word. Dit sal weereens vir die wêreld ’n voorbeeld wees van vrye, onafhanklike media,” het Moussa-Elkadhum gesê.

Volgens Mushelenga sal Namibië aanhou om ’n omgewing te skep waarbinne die media onafhanklik kan funksioneer en voortdurend sy demokrasie kan verbeter.

“Namibië se sukses in verband met mediavryheid is duidelik te sien in die feit dat ons volgens die wêreldmedia-indeks eerste in Afrika en wêreldwyd 23ste geplaas is.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!