Wêreld kry eerste byedag
Tanja Bause
Die getal bestuiwers ter wêreld het met 'n driekwart in die laaste 30 jaar in Europa afgeneem, het wetenskaplikes bevind.
Die Verenigde Nasies (VN) het 20 Mei vanjaar vir die eerste keer tot Wêreldbyedag verklaar.
Slowenië het 'n resolusie opgestel, wat deur die Europese Unie (EU) se lidstate ondersteun word, om bewustheid oor die belangrikheid van dié insekte en hul dalende getalle te skep.
Die besluit om Wêreldbyedag te vier, is in Desember verlede jaar tydens die VN se algemene vergadering in New York geneem.
Die dag word herdenk deur te fokus op die belangrikheid van bye en ander bestuiwers.
Bestuiwers is noodsaaklike skakels in die wêreldwye voedselketting.
Dié insekte is 'n sleutelkomponent van baie ekostelsels en dus 'n goeie aanduiding van hoe gesond 'n ekostelsel is.
Die getal bestuiwers in Europa het in die laaste 30 jaar drasties afgeneem en hoewel die spesifieke oorsaak nie duidelik is nie, het wetenskaplikes bevind die gebruik van neonikotinoïed-plaagdoders kan 'n groot faktor wees.
Plaagdoders wat algemeen gebruik word, het 'n effek op bye se senustelsels en beïnvloed hul gewig en voortplantingstelsels.
Slowenië het die gebruik van dié plaagdoders in 2011 verban.
Dit was die eerste EU-land wat stappe gedoen het om bestuiwers te beskerm.
Die EU het in 2013 'n moratorium ingestel op die gebruik van drie middels wat neonikotinoïed bevat, en oorweeg nou 'n algehele verbod op dié middels.
Bestuiwers dra stuifmeel en sade oor van een blom na 'n volgende. Sodoende bestuif hulle die plante sodat dit kan groei en voedsel produseer.
Kruisbestuiwing help ten minste 30% van die wêreld se gewasse en ten minste 90% van wilde plante floreer as gevolg van bye. Bye vertolk 'n lewensbelangrike rol in die oorlewing van landbou. Indien plante nie bestuif word nie, sal die grootste deel van plantelewe en gewasse uitgewis word.
Sowat 'n derde van die wêreld se voedselverskaffing is aan bye te danke.
Sonder bye sal die mensdom bitter min hê om te eet.
Mense wat swerms bye wil laat verwyder, kan vir mnr. Roland zu Bentheim by 081 635 7323 skakel, wat die bye veilig sal verskuif.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie