Wu00eareld vorder nie meer so fluks om krag te bespaar
Wu00eareld vorder nie meer so fluks om krag te bespaar

Wêreld vorder nie meer so fluks om krag te bespaar

In ’n nuwe verslag van die Internasionale Energieagentskap (IEA) word gewaarsku die wêreld se energiedoeltreffendheid het verlede jaar met net 1,2% verbeter.
Francois Williams – Die beste megawatt is die “negawatt” – ’n teoretiese konsep wat eintlik maar verwys na elektrisiteit wat jy nie nodig het om te gebruik nie, want jy het jou kragverbruik doeltreffender gemaak.

Maar in ’n nuwe verslag van die Internasionale Energieagentskap (IEA) word gewaarsku die wêreld se energiedoeltreffendheid het verlede jaar met net 1,2% verbeter – die stadigste groei sedert die begin van die dekade.

Dit is nou die derde agtereenvolgende jaar dat die tempo waarteen energiedoeltreffendheid verbeter aan die afneem is en dit verg dapper optrede van beleidmakers en beleggers, sê dr. Fatih Birol, uitvoerende direkteur van die IEA.

“Ons kan energiedoeltreffendheid teen 3% per jaar verbeter deur bloot bestaande tegnologie reg te benut en deur kostedoeltreffende beleggings. Daar is geen verskoning om nie op te tree nie. Ambisieuse beleid moet ingestel word om belegging aan te spoor en die nodige tegnologie internasionaal te laat werk,” sê Birol.

Die IEA-verslag het bevind die rede vir die stadiger verbetering in doeltreffendheid is ’n kombinasie van verskeie maatskaplike en ekonomiese tendense tesame met spesifieke faktore soos uiterste weerstoestande. Maar verder raak beleidsmaatreëls en investering agter met die tempo waarteen die kragvraag toeneem.

Die IEA-verslag wys digitalisering kan energiedoeltreffendheid op ’n nuwe vlak plaas. Deur geboue, toestelle, toerusting en vervoerstelsels toenemend digitaal en deur die internet aan mekaar te verbind, kan dit doeltreffendheid oplewer wat nie moontlik was in die era toe dié aspekte grootliks onverbind aan mekaar was nie.

Die term negawatt is deur dr. Amory Lovins, ’n Amerikaanse energiekenner en stigter van die Rocky Mountain Institute, uitgedink. Hy het dit in 1989 as ’n onbedoelde tikfout raakgesien in ’n verslag van die Colorado Public Utilities Commission, maar het gesnap dit is ’n nuttige beskrywing van elektrisiteit wat nié gelewer word nie danksy besparing en doeltreffendheid. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!