Wu00eareldhandel kan met 15% daal, su00ea ministers
Wu00eareldhandel kan met 15% daal, su00ea ministers

Wêreldhandel kan met 15% daal, sê ministers

Estelle de Bruyn
Wêreldhandel kan vanjaar met tot 15% afneem, het China se minister van handel ná ’n vergadering van die G20 se handels­ministers gesê.
Dr. Rob Davies, Suid-Afrikaanse minister van handel en nywerheid, het die byeenkoms die naweek in Shanghai, China, bygewoon.
Die 20 lande se verteenwoordigers het beloof om hul pogings te ver­skerp om handel te fasiliteer, berig Bloomberg.
Die ministers het ’n daling van 10% tot 15% in beleggings oor grense heen voorspel vir 2016, het Gao Hucheng, Chinese minister van handel, gesê.
Volgens hom sal Brexit ­(Brittanje se uittrede uit die Europese Unie ­waarvoor Britte in ’n referendum gestem het) internasionale handel op kort termyn laat krimp. ’n Werkgroep van die G20-handelsministers sal die potensiële impak daarvan bestudeer.
Die groep het in ’n verklaring gesê die G20 is gekant teen proteksionisme en ondersteun die bepaling van nuwe ­beleggingsbeginsels wat “oop, nie-diskriminerend, deursigtig en voorspelbaar is”.
Die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) het Vrydag in ’n verslag gesê trae handelsgroei word in die derde kwartaal van 2016 verwag. Die organisasie het in April voorspel dat die waarde van wêreldhandel in goedere teen 2,8% gaan styg – minder as sy vorige voorspelling van 3,9%. Die WHO moes sy verwagtinge verlaag omdat ekonomiese vooruitskattings vir 2016 te optimisties was.
Wêreldhandel het sedert 1990 gemiddeld 5% per jaar gegroei, maar van 2011 af styg dit nie meer as 3% per jaar nie, berig Reuters.
Die handelsministers het gesê hulle erken dat oormatige vermoë in die staalbedryf en ander bedrywe ’n internasionale bron van hoofbrekens is wat ’n gesamentlike reaksie benodig. Hulle het hulle daartoe verbind om beter te kommunikeer om die werking van die mark te verbeter.
Die ministers het ook gesê subsidies en ander ondersteunings wat deur regerings gegee word, kan die marke verwring. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!