Wu00eareldomgewingsdag op Karasburg herdenk
Wu00eareldomgewingsdag op Karasburg herdenk

Wêreldomgewingsdag op Karasburg herdenk

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Namibië herdenk môre Wêreldomgewingsdag op Karasburg.

Die verrigtinge sal om 08:30 in die stadsaal op die Suidedorp plaasvind met afgevaardigdes van die ministerie van die omgewing en toerisme, die Indiese hoëkommmissariaat in Namibië en die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) wat teenwoordig sal wees.

Die Indiese hoëkommissariaat in Namibië het verlede week 1 000 ton graan (rys en mahangu) ten bate van droogtehulp in Namibië geskenk.

Wêreldomgewingsdag word sedert 1974 op 5 Junie in meer as 100 lande herdenk. Dit bring regerings, nywerhede, gemeenskappe en individue byeen om herwinbare energie en groen tegnologie te ontdek en luggehalte in stede en streke wêreldwyd te verbeter.

Vanjaar se tema is lugbesoedeling. Sowat 7 miljoen mense sterf jaarliks voortydig weens lugbesoedeling met sowat 4 miljoen van hierdie sterftes wat in die Asiese Stille Osean-streek voorkom.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!