Wêreldwye tekort aan insulien beleef
Die lae beskikbaarheid van menslike insulien, min vervaardigers wat die mark oorheers en swak gesondheidstelsels, is as die grootste struikelblokke tot universele toegang uitgesonder.
Henriette Lamprecht – 'n Eeu ná die ontdekking van insulien is dit steeds buite bereik van baie wat met diabetes saamleef.
'n Nuwe verslag wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) uitgereik is op die vooraand van Wêrelddiabetesdag, sonder hoë pryse, lae beskikbaarheid van menslike insulien, min vervaardigers wat die insulienmark oorheers en swak gesondheidstelsels as die grootste struikelblokke tot universele toegang uit.
“Die wetenskaplikes wat insulien 100 jaar gelede ontdek het, het geweier om voordeel uit hul ontdekking te trek en het die patent vir net 'n dollar verkoop,” sê die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Adhanom Ghebreyesus.
“Ongelukkig is daardie gebaar van solidariteit oorgeneem deur 'n multimiljoendollar-besigheid wat reusegapings in toegang geskep het,” het hy gesê.
Insulien is die hoeksteen van behandeling teen diabetes. Dit verander die dodelike siekte in 'n bestuurbare een vir nege miljoen mense met tipe 1-diabetes. Vir meer as 60 miljoen mense wat met tipe 2-diabetes leef, is insulien noodsaaklik om die risiko van nierversaking, blindheid en die verlies van 'n ledemaat te verminder.
Tog ontvang een uit elke twee mense wat insulien vir tipe 2-diabetes nodig het, dit nie.
Volgens die WHO is die voorkoms van diabetes besig om in lae- en middelinkomstelande te styg. Ten spyte hiervan het hul verbruik van insulien nie in pas gebly met die groeiende las van die siekte nie. Terwyl drie uit vier mense wat deur tipe 2-diabetes geraak word in lande buite Noord-Amerika en Europa bly, sê die verslag hulle verteenwoordig minder as 40% van die inkomste van die verkope uit insulien.
Die verslag maan die globale markverskuiwing van menslike insulien, wat teen 'n relatiewe lae koste vervaardig kan word, na die duurder, sintetiese insulien, plaas 'n onhoudbare finansiële las op laer inkomstelande.
Oor die algemeen is menslike insulien net so doeltreffend soos sintetiese insulien, maar laasgenoemde is ten minste 1,5 keer duurder as menslike insulien en in sommige lande tot drie keer duurder. Drie multinasionale maatskappye beheer meer as 90% van die insulienmark, wat weinig ruimte laat vir kleiner maatskappye om mee te ding.
Swak bestuur van aankope en die verskaffingsketting, asook onvoldoende finansiering om aanvraag te dek, is ook 'n stok in die wiel van die monitering en aflewering van dié gesogde kommoditeit in die gesondheidsmark. Die gebrekkige kapasiteit en infrastruktuur in gesondheidstelsels op die vlak van primêre sorg is in veral laerinkomstelande 'n probleem.
Navorsing is ook gemik op ryk markte en verwaarloos die openbare gesondheidsbehoeftes van lae- en middelinkomstelande wat 80% van die wêreld se diabete verteenwoordig.
Die manier hoe pryse vasgestel word, is ook ongelyk en weerspieël 'n gebrek aan deursigtigheid.
Om bogenoemde struikelblokke uit die weg te ruim, stel die verslag voor die produksie van menslike insulien en die verskaffing daarvan word verhoog, terwyl die vervaardigingsbasis vir bio-soortgelyke, sintetiese insulien gediversifiseer word om kompetisie te skep en pryse te verminder.
Bekostigbaarheid moet verbeter word deur pryse en winste te reguleer deur deursigtighed te verbeter in die manier waarop pryse vasgestel word. In gebiede waar dienste gebrekkig is, moet plaaslike vervaardiging aangemoedig word, terwyl verseker word dat verhoogde toegang tot insulien vergesel word van 'n spoedige diagnose en toegang tot bekostigbare middele vir die monitering van suiker en spuit van insulien.
Volgens die WHO het die organisasie pogings versnel om van die struikelblokke tot die beskikbaarheid van insulien en verwante medikasie en gesondheidstegnologieë uit die weg te ruim. In dié verband is besluit op 'n basiese bloudruk van die beleidsrigting vir die verbetering van toegang tot sintetiese insulien, deelname aan WHO se program vir die vooraf-kwalifikasieprogram vir insulien, glukosemeters, toetsstrokies en diagnotiese toerusting asook deelname aan internasionale aankope deur middel van die Verenigde Nasies (UN).
Die opdatering van die insluiting van bykomende vorms van insulien en ander middels op die WHO se modellys van noodsaaklike medikasie sal na verwagting lei tot verbeterde toegang in lande waar daar tans nie in dié behoeftes voorsien word nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie