Wurmpes slaan weer toe
’n Plaag herfskommandowurms kan met behulp van die wind tot 1 000 km ver versprei en natuurlike vyande, asook pesdoders is meestal ondoeltreffend daarteen.
Elvira Hattingh - Die ministerie van landbou, water en bosbou sê die indringing van die herfskommandowurm (Spodoptera frugiperda) in die Zambezistreek het reeds tot die beskadiging van sowat 100 hektaar mielielande gelei.
Die ministerie se uitvoerende direkteur, mnr. Percy Misika, het Vrydag in ‘n mediaverklaring gesê die teenwoordigheid van die wurms is reeds op 14 Februarie in die Sacona-, Kongola-, Ngoma-, Bukalo-, Kasheshe en Musanga-gebiede gerapporteer, waarna die ministerie ‘n formele ondersoek op 18 en 19 Februarie gelas het.
Toe is vasgestel die beskadigde mielies is in verskillende groeistadia - van jong plantjies tot dié wat reeds in saad gekom het en dus baie kwesbaar vir die pes is.
Dit volg nadat die eerste indringing van die pes in Namibië in die 2016-’17-plantseisoen sowat 50 000 ha mielies en mahangu beskadig het en sowat 27 000 huishoudings geraak is.
“Die herfskommandowurm hou ‘n groot risiko vir kleinboere in, veral dié wat mielies plant. Dit is ook ‘n bedreiging vir voedselsekuriteit,” het Misika geskryf.
Hy sê die probleem met die herfskommandowurm is dat dit baie moeilik is om te beheer omdat die pes vinnig en in groot getalle voortplant en groot afstande kan aflê. Dit kruip binne gewasse se blare weg en is bestand teen verskeie pesdoders.
Boonop blyk dit natuurlike vyande het geen uitwerking op dié pes se getalle nie.
Misika sê boere kan voorkomingsmaatreëls probeer tref deur nie té laat te plant nie en mielies tussen ander gewasse te plant.
MONITOR GEWASSE
Hy sê voorts moet mielieboere minstens een of twee maal ‘n week deur hul landerye loop om vir eiers of larwe te soek en ook op te let op die teenwoordigheid van natuurlike vyande van die herfskommandowurm, soos perdebye, miere of larwe.
Boere word ook aangeraai om sowat 25 plante vir blaarskade te ondersoek en te tel hoeveel daarvan geraak is. “Dit help om vas te stel watter persentasie van jou plante besmet is,” het Misika gesê.
Boere word aangeraai om die eiers en ruspes met die hand van blare te verwyder en te verwoes. “Gooi as of sand in die holtes van beskadigde blare – dit maak die larwe dood. Gebruik ook botaniese pesdoders soos Neem-plante om die pes te bestry.
“Boere moet die ontdekking van enige pes of insek op hul plase of in hul landertye by die direktoraat van landbouproduksie in hul omgewing aanmeld,” het Misika gesê.
Misika sê ‘n herfskommandowurm-wyfie lê tussen 50 en 200 eiers op ‘n slag en kan tot tien keer in haar leeftyd eiers lê. Wind kan die pes in sy volwasse vorm as ‘n mot oor tot so ver as 1 000 km versprei. Boonop het dit ‘n kort voortplantingsiklus.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie