Ya France draai Filistyne dronk
Krieket
Tielman van Lill
Die twee semifinale en eindstryd van Krieket Namibië se T20-premierliga is Saterdag in die hoofstad by Gemsbokpark in Olympia, asook by Wanderers in Pionierspark afgehandel.
Die span van CCD Tigers 1 het Trustco United 1 oorwin met die titel weggestap.
Saterdagoggend om negeuur het United 1 en WHS Old Boys 1 by United vir die eerste semifinaal op die veld gestap waar die gasheer eerste gekolf het en ‘n massiewe telling van 228 lopies vir die verlies van drie paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte (bb) opgestapel het om die botsing met 81 lopies te wen.
Vir United het Lo-han Louwrens met die kolf gekook en 112 lopies (l) van 58 balle (b) geslaan wat 7 viere en 9 sesse insluit voordat hy deur Vernon Cloete uitgevang is. Hendrik van der Walt (26 l, 30 b, 3x4, vang Ricardo Strauss) het saam met Louwrens geopen en die paar is nadat hulle uit was deur Christopher Coombe en Darren van Dyk vervang.
Coombe het nie uit nie (nun) saam met kaptein Van Wyk aan sy 26 l (20 b, 3x4) gewerk voordat Van Wyk (44 l, 14 b,1x4, 6x6) se warrelwindkolfbeurt met die laaste bal tot ‘n einde gebring is toe hy deur JB Burger uitgevang is. Vir Old Boys het Tangeni Lungameni (1/53 in 4 bb), Christiaan Schumacher (1/44, 4 bb) en Vernon Cloete (1/31, 4 bb) die paaltjies geoes.
Met die kolfbeurt van Old Boys het dit nie goed gegaan nie en die besoekers word almal binne 19.5 bb vir 147 lopies uitgeknikker. Net Vernon Cloete het die boulaanval van die gasheer uitstekend getrotseer om 41 van 21 balle te slaan, wat 1x6 en 5x4 insluit, voordat hy deur Coombe geboul is.
Vir United tref Coombe (3/26), Danie van Schoor (2/23), Lo-han Louwrens (1/24), Dickson Vambe (1/20) en S. Jordaan (1/23) as boulers met die bal.
Tigers teen Wanderers
In die tweede semifinaal is dit Tigers wat eerste kolf, en word deur Wanderers tot ‘n lae telling van 115/7 in 20 bb beperk wat 15 bylopies insluit.
In sy kolfbeurt antwoord die gasheer met 114/9, maar sy jaagtog verloor stoom en word met die laaste bal van die toegelate 20 bb kortgeknip om met een lopie te verloor. Tigers se boulers was uiters suinig met die bylopies en staan net vyf van dié ongure karakters af wat moontlik ‘n groot rol aan die einde van die wedstryd gespeel het.
Vir die besoekers is kaptein Picky Ya France skitterend op dreef en teken 45 van 42 aflewerings aan wat een vier en drie sesse insluit voordat hy deur Colin Schoonbee uitgevang word. Vir die gasheer neem Jan Frylinck (1/20, 4 bb), Gerrie Snyman (1/18, 4 bb), Bernard Scholtz (2/16, 4 bb) en Nicolaas Scholtz (1/22, 3 bb) paaltjies.
Die kolfbeurt van Wanderers skop rampspoedig af toe Karl Birkenstock vir sewe lopies deur paaltjiewagter Joshuan Julius gestonk word en Jan Frylinck saam met Wessel Myburgh voor die paaltjies beland.
Myburg (23 l, 22 b, 1x4, 1x6) word deur Albert Mbwembe uitgevang en Frylinck (36 l, 24 b, 6x4) word een van Ramon Wilmot se eerste slafoffers. Die res van die tellings wissel tussen nul en 14, met Wanderers se kolwers wat hulself in die steek laat.
Ramon Wilmot (3/19) en Norbert Manyande (3/14) is die groot gevaarmanne met die bal terwyl Ya France (1/22), Nicol Loftie-Eaton (1/27) en John Eric Thierauch (1/11) die ander drie slagoffers bewerkstellig.
Eindstryd
Kaptein Ya France het Saterdag ‘n belangrike rol in Tigers se oorwinning teen United gespeel waar hy eers 5 paaltjies vir 5 lopies laat kantel het en daarna 45 lopies (53 b, 1x4, 3x6) aanteken voor hy deur Colin Schoonbee uitgevang word.
Die Filistyne se kolfaanslag kon nie behoorlik op dreef kom nie, want sy openingkolwers Hendrik van der Walt (13 l) en die gevaarlike Lo-han Louwrens (10 l) word vinnig uitgehaal. Louwrens word Ya France se eerste slagoffer nadat Louwrens vroeër die veld moes verlaat het nadat hy deur ‘n aflewering van Mika Mutumbe in die maag getref is.
Kaptein Darren van Dyk wat as nommervyfkolwer instap, veg ‘n moedige stryd om die lopietempo te versnel en slaan in die proses 4 reusesesse en een vier om 33 l van 21 aflewerings te behaal. Ongelukkig word Van Dyk Ya France se tweede slagoffer en die res van United se kolforde worde goedkoop na die kleedkamer vir 120/10 teruggestuur.
Vir Tigers dwing Ya France met 5/5 die Filistyne op hul knieë terwyl Mika Mutumbe, Nicol Loftie-Eaton en Norbert Manyande een paaltjie elk laat kantel en Albert Mbwembwe met 2/30 wat die afronding doen.
Vir Tigers, wat tweede gekolf het, het dit bykans alles glad verloop met Joshuan Julius (58 l, 7x4, 2x6) en Ya France wat die United boulers geen genade en respek toon nie en behoorlik kasty. Nadat Julius en Ya France uit is, is hulle deur Loftie-Eaton en Ramon Wilmot vervang wat die laaste tien lopies vir die totaal van 124/2 aanteken om die eindstryd met agt paaltjies te wen.
Net Danie van Schoor (1/16 in 4 bb) en Dickson Vambe (1/7, 4 bb) behaal as boulers sukses vir United.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie