Ya Ndakolo wis niks van Otjisemba
Die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, is salig onbewus van 'n tweede plaas wat verlede jaar deur die weermag aangekoop is.
Estelle de Bruyn
Monde in die Nasionale Vergadering (NV) het gister behoorlik oopgehang toe die minister van verdediging, mnr. Penda ya Ndakolo, erken het hy weet niks van die aankoop van die plaas Otjisemba verlede jaar teen N$24 miljoen nie.
Die voorsitter van die Popular Democratic Movement (PDM), me. Jennifer van den Heever, het met die aanvang van die sitting 'n mondelinge vraag aan Ya Ndakolo gestel. Sy het na die berig op Donderdag se voorblad van Republikein verwys waarin onthul is dat die weermag verlede jaar, midde 'n kritieke ekonomiese klimaat, nie een nie, maar twee plase van mnr. Kurt Steinhausen aangeskaf het.
Van den Heever wou weet hoekom die minister nie, toe hy verlede week Donderdag vrae oor die aankoop van Oropoko beantwoord het, ook die sluier oor Otjisemba gelig het nie.
Ya Ndakolo moes vantevore skarrel om antwoorde oor die aankoop van die luukse gasteplaas Oropoko te gee nadat dit met die opening van die eerste kabinetsitting vanjaar aan die lig gekom het dat selfs pres. Hage Geingob nie hieroor ingelig is nie.
Ya Ndakolo se verskoning was dat “die president te besig was” en gevolglik nie ingelig kon word nie. Hy het later erken die weermag het inderdaad N$45 miljoen vir Oropoko betaal.
In antwoord op Van den Heever se vraag het Ya Ndakolo gesê hy is nie bewus daarvan nie. Hierop het die president van die PDM en leier van die amptelike opposisie, mnr. McHenry Venaani, by wyse van 'n tussenwerpsel gesê: “Die minister was seker 'te besig' om daaroor ingelig te word.”
Die ongeloof op opposisielede se gesigte het Ya Ndakolo genoop om weer op te staan en te sê hy sal die saak ondersoek en later terugvoering aan die NV gee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie