Ysterwiele vir glimlagte
Ysterwiele vir glimlagte

Ysterwiele vir glimlagte

Tanja Bause
Tanja Bause - Altesaam 22 motorfietsers het Saterdag uit Windhoek vertrek as deel van die Nampharm-stigting se jaarlikse avontuurrit om geld vir kinders met gesplete verhemeltes in te samel.

Die stigting is in 2005 op die been gebring en is sedert 2009 die enigste wat rekonstruktiewe gesigchirurgie op kinders finansier.

Sedert 2009 het die stigting N$3,1 miljoen aan dié operasies bestee.

Vanjaar is reeds N$440 000 bestee om 38 kinders te help.

“Altesaam 124 volledige prosedures is vanjaar gedoen. Sommige kinders benodig meer as een operasie,” het me. Carol Semedo, bestuurder van die Nampharm-stigting, gesê.

Afgesien van die motorfietsryers is daar ook ’n ondersteuningspan van 23 mense.

Elf voertuie, heelwat meer as verlede jaar, begelei die motorfietse.

Die projek word deur 23 borge ondersteun.

“Hulle gaan 2 150 km ry, waarvan slegs 210 km op teerpad is. Die ander 1 950 km bestaan uit grondpad. Vanjaar se roete bestaan uit meer grondpaaie, wat dit baie moeiliker en uitdagender as vorige jare maak.

“Die roete gaan tot by Epupa en terug,” sê Semedo.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!